Woestynaangepaste olifante floreer in Huab
Ondanks die droogte floreer die woestynaangepaste olifante in die Huabrivier in die Noordweste. Volgens Elephant Human Relations Aid (Ehra) gaan dit goed met die tweede olifantkalfie wat tot dusver vanjaar oorleef het. Sy is nou vol energie, baie nuuskierig en speel graag nadat daar aanvanklik kommer oor haar swak kondisie was. Die vrektesyfer onder woestynaangepaste olifantkalwers is baie hoog, maar dié kalfie is ’n bewys van hoe veerkragtig en aanpasbaar hierdie diere in die woestyn is, sê Ehra. FOTO EHRA
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie