14 lyfstrafsake glo teen afgedankte onderwyser
Dit is glo nie die eerste keer dat Petrus Ndeulita – ’n onderwyser wat onlangs op Ongwediva afgedank is – van lyfstraf beskuldig word nie.
Die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het bekend gemaak dat hy glo sowat 14 lyfstrafsake op sy naam het.
Steenkamp het dit in reaksie gesê op ’n klagskrif wat deur ’n groep onderwysers by die ministerie ingedien is waarin geëis word dat Ndeulita heraangestel moet word.
Die groep het gedreig dat indien daar nie teen einde Augustus aan hul eise voldoen word nie, hulle massabetogings sal hou en die komende verkiesing in November sal ontwrig.
Ndeulita is verlede maand afgedank as onderwyser by die Laerskool Hashiyana op Ongwediva op grond van ’n voorval wat drie jaar gelede gebeur het.
Hy het na bewering ’n graad 7-leerling gestraf deur hom vir meer as ’n uur lank ’n stoel omhoog te laat hou.
Leerlinge en onderwysers by die skool, asook onderwysers van ander skole, het daarna betogings gehou waarin hulle geëis het dat Ndeulita se “onbillike afdanking” omgekeer word.
Steenkamp het in haar reaksie op die groep se eise verduidelik dat Ndeulita op 1 Januarie 2018 as onderwyser aangestel is en op 2 April 2019 ingevolge die onderwyswet ’n eed afgelê het teen die gebruik van lyfstraf.
Sy het ook die regulasies teen lyfstraf verduidelik, asook die dissiplinêre prosedures wat in die saak teen Ndeulita gevolg is.
Sy het benadruk dat enige personeellid wat daarvan beskuldig word dat hy of sy lyfstraf gebruik het, aanklagte van wangedrag in die gesig kan staar indien ’n volledige ondersoek uitgevoer en daar voldoende bewyse is.
NIE EERSTE KEER
In Ndeulita se geval het ’n dissiplinêre komitee aanbevelings gemaak op grond van sy bevindings, wat toe aan die Staatsdienskommissie voorgelê is vir goedkeuring deur die eerste minister, het Steenkamp verduidelik.
“Ndeulita het deur die Staatsdienskommissie appèl by die eerste minister aangeteken, maar sy appèl was onsuksesvol.
“Die ministerie het daarna die besluit van die eerste minister op 25 Oktober 2021 aan Ndeulita gekommunikeer,” het sy gesê.
Steenkamp het opgemerk dat elke saak op grond van sy individuele meriete beoordeel word en verskeie aspekte in ag geneem word om die toepaslike dissiplinêre optrede te bepaal.
"Ndeulita se persoonlike rekord het ’n geskiedenis van 14 soortgelyke gevalle wat aangemeld is. Dit dui op ’n gedragspatroon. Dit is nie die eerste keer dat [hy] hom aan sulke optrede skuldig maak nie,” het sy gesê.
Die saak is versigtig en prosedureel benader, het sy bygevoeg.
Sy het verder daarop gewys dat indien Ndeulita van mening is dat hy onbillik afgedank is, hy die reg het om verdere regstelling te soek deur ’n hof te nader.
Steenkamp het gister tydens 'n telefoniese onderhoud met Republikien se susterkoerant Namibian Sun gesê dat sy nie 'n uiteensetting van die 14 sake kan verskaf nie en gesê dat verdere inligting oor die afgedankte onderwyser se persoonlike rekord nie bekend gemaak kan word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie