IMG_0188
IMG_0188

29 skole in Ohangwena heropen

Vyf in Oshanastreek steeds gesluit
Dertig skole in die Ohangwenastreek het weens die vloedwater gesluit en slegs een van die skole het nie heropen nie omdat dit steeds onder water is.
Tuyeimo Haidula
Tuyeimo Haidula – Altesaam 30 skole in die Ohangwenastreek moes onlangs noodgedwonge hul deure weens vloede sluit.

Nege-en-twintig van dié skole het egter hierdie week hul klasse hervat en slegs een skool, Laerskool Shingunguma, bly onder water en kon nie heropen nie.

Die direkteur van onderwys in die Ohangwenastreek, Isak Hamatwi, het Woensdag gesê Laerskool Shingunguma sal nog vir ’n lang ruk gesluit wees. Die skool wat klasse van preprimêr tot graad 7 aanbied en 377 leerlinge en 11 onderwysers huisves, is sedert 17 Januarie gesluit.

INHAAL VAN SKOOLWERK

Die sluiting van skole in die streek het 15 239 leerlinge en 494 onderwysers geraak, en die skole wat heropen het, het tussen twee en 22 dae van die akademiese kalenderjaar verloor.

“Al die skole wat deur die vloede geraak is, moes planne bedink om die verlore onderrigtyd in te haal,” het hy gesê.

Volgens Hamwati sal sommige skole klasse op Saterdae tot die middel van die kwartaal gee om verlore tyd in te haal, terwyl ander skole verkies om elke dag twee bykomende klasse tot die einde van die kwartaal aan te bied.

“Sommige skole sal die eerste skoolvakansie gebruik om klasse in te haal,” het hy gesê.

Hamatwi het bygevoeg dat 14 van die betrokke skole nog hul implementeringsplanne by die direktoraat moet inhandig.

OSHANASTREEK

Dit is ook twee weke sedert 12 skole in die Oshanastreek deur die vloed geraak is en klasse weer hervat het.

Die senior onderwysbeampte vir beplanning en ontwikkeling in dié streek, Fenni Mwiila, gee daagliks ’n oorsig oor die vloede deur middel van Oshana se noodoperasionele en inligtingsentrum.

“In die meeste geaffekteerde gebiede het vloedwater nou gesak. Gevolglik het 1 836 leerlinge se klasse hervat,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat vyf skole – met ’n totaal van 1 283 leerlinge – steeds heeltemal of gedeeltelik gesluit is.

Laerskool Peter Nanyemba en die Gekombineerde Skool Kupila bly gesluit en 607 leerlinge word hierdeur geraak.

Volgens Mwila vind daar tans geen onderrig plaas nie en die kinders word daardeur benadeel.

Sy het aangedui dat ontoeganklike paaie die verskaffing van opvoedkundige materiaal aan die geaffekteerde leerlinge in die stadium belemmer.

Volgens Mwiila sal die skole in die Oshanastreek, soos in die Ohangwenastreek, met planne vorendag moet kom om verlore tyd in te haal.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!