NO MERCY: Thirty-five nursing students at the University of Namibia will have to repeat their final year after being found guilty of forgery.
PHOTO: FILE
NO MERCY: Thirty-five nursing students at the University of Namibia will have to repeat their final year after being found guilty of forgery. PHOTO: FILE

35 verpleegstudente vervals handtekeninge

Moet praktiese jaar herhaal, sê Unam
Om te verseker dat die studente nie dieselfde oortreding begaan nie, sal hulle fyn dopgehou word, het die universiteit gesê.
Tuyeimo Haidula
Die Universiteit van Namibië (Unam) het aangekondig dat 35 verpleegstudente – wat tydens die Covid-19-inperking in die streke uitgeplaas was – hul finale jaar gaan herhaal nadat hulle na bewering handtekeninge vir hul logboeke vervals het.

Dit is verlede jaar ontdek toe die universiteit die studente se logboeke ondersoek en onreëlmatighede gevind het.

Ons susterkoerant Namibian Sun het verneem dat die studente, wat tans in hul vierde jaar is, verlede Vrydag oor die herhaling ingelig is.

’n Eksterne ondersoeker is ingeroep en ondersoekresultate is in Junie vanjaar aan die universiteit verskaf, het die studente gesê.

Die groep oorweeg dit tans om geld vir regsverteenwoordiging in te samel, met sommige studente wat beweer hulle word geviktimiseer.

Hulle beweer sommige wat aan dieselfde oortreding skuldig bevind word, word toegelaat om hul praktiese werk oor te doen.

NOUKEURIG MONITOR

Mnr. Shahid Shu'aib Dickson, Unam se assistentdirekteur vir korporatiewe betrokkenheid en internasionale betrekkinge, het gesê studente se praktiese logboeke word deeglik nagegaan vir die egtheid daarvan aangesien dit soms gebeur dat handtekeninge vervals word.

Hy het gesê die universiteit is ernstig oor die implementering van sy professionele gedragskode, en het bygevoeg dat daar opgetree sal word teen diegene wat buite dié kode optree.

"Enige student wat ingelig is om 'n module te herhaal, is aan 'n dissiplinêre verhoor onderwerp nadat 'n behoorlike ondersoek deur beide die skool en die ondersoekkantoor van Unam gedoen is," het hy gesê en bygevoeg dat geen student aangesê sal word om 'n jaar te herhaal nie, tensy die universiteit onseker van sy saak is.

Dickson het gesê vir die universiteit om te verseker dat dié studente nie dieselfde oortreding begaan nie, sal hulle ’n spesiale rooster kry en noukeurig gemonitor word.

GEEN GENADE

'n Student wat nie aan die gedragskode voldoen nie, is nie die moeite werd om in die verpleegprofessie te wees nie, aangesien pasiënte se lewens op die spel is, het hy gesê.

“Die universiteit moet toegelaat word om ondersoeke te doen en streng sanksies uit te voer. Onprofessionele gedrag is onaanvaarbaar in die verpleegberoep,” het Dickson benadruk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!