50 graduandi sonder sertifikate weens foute
Meer as 50 gegradueerdes van die Universiteit van Namibië (Unam) se Rundu-kampus kan glo nie vir werk aansoek doen nie weens foute op hul graadsertifikate wat nog reggestel moet word.
Talle van die studente het gesê hulle het die kwessie reeds voor hul gradeplegtigheid ontdek, met sommige wat beweer dat hul vanne verkeerd gespel is of twee keer op hul sertifikate verskyn.
Een van die geaffekteerde gegradueerdes, Paulus Ndumba, het aan Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, gesê hulle het spoedig hul sertifikate aan die universiteit terugbesorg vir regstelling, maar hulle is ingelig die regstellings sal eers ’n week ná hul gradeplegtigheid gedoen word.
“Hulle het ons kwalifikasies uitgedruk, maar daar was foute met die naam. Hulle weet nie eens die datum wanneer hulle ons graadsertifikate sal stuur nie. Ons is moeg gewag,” het hy gesê.
KAN NIE WERK KRY
Nog ’n gegradueerde, wat verkies om anoniem te bly, het gesê dat sy nie vir werk kan aansoek doen nie omdat sy net ’n akademiese rekord het.
“Sommige streke aanvaar akademiese rekords vir werksaansoeke, maar ander nie.
“As hulle ons gewaarsku het dit sal drie maande neem om ons kwalifikasies terug te kry, sou ek nie myne dadelik ingehandig het nie. Ek sou afskrifte gemaak het en verklaar het dat my graad ’n drukfout gehad het met my van wat twee keer verskyn en gewag het vir die regstelling.”
Dié student verduidelik verder dat poste geadverteer word en hoewel sy gekwalifiseerd is, kan sy nie aansoek doen nie.
“Ons is moeg daarvoor om aansoek te doen en geen terugvoering te kry nie. Ek is nie seker hoeveel van ons geraak word nie, maar volgens ’n lys wat ek gesien het, is daar meer as 50 van ons,” het sy bygevoeg.
PRIORITEITE
’n Gemeenskapsaktivis van Rundu, Frans Moyo, het bevraagteken hoekom gegradueerdes van die voordele van hul verdiende kwalifikasies ontneem moet word.
“Hoekom moet gegradueerdes wat vir drie tot vier jaar hard gewerk het en hul klasgeld uit hul ouers se opofferings betaal het van die voordele van hul verdiende kwalifikasies ontneem word weens foute wat Unam gemaak het en versuim het om hul pligte bekwaam uit te voer?”Moyo eis dat die sertifikate binne die volgende week korrek gedruk word.
“Dit is ’n prioriteit en Unam moet weet hoe om dit wat dringend en belangrik is, te prioritiseer.
“Die kwalifikasies is hulle s’n en Unam moet dit korrek verskaf,” het hy gesê.
Die universiteit kon nie vir kommentaar bereik word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie