60 000 gratis onderrigboekies maandeliks vir jong leerlinge
Nuusredaksie – Die African Child Development Trust (ACDT) is op koers om vanjaar ’n groot impak te maak met die verspreiding van 60 000 gratis onderrigboekies maandeliks om vroeë kinderontwikkeling te ondersteun.
Die inisiatief sal aan preprimêre en graad 1-, 2- en 3-leerlinge noodsaaklike leesmateriaal verskaf wat in Namibian Sun en Republikein se straatverkope versprei sal word.
Uit die 60 000 boekies sal 30 000 preprimêre boekies direk aan skole oraloor Namibië versprei word om te verseker dat selfs meer kinders toegang tot gehaltehulpbronne vir onderrig het.
Die preprimêre boekies sal in Engels, Afrikaans, Oshikwanyama, Oshindonga, Otjiherero, Rumanyo, Rukwangali en Khoekhoegowab versprei word.
Die projek word moontlik gemaak danksy die ondersteuning van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, Powerline Africa, Capricorn Foundation en FirstRand Namibia Foundation.
Vir meer inligting stuur ’n e-pos na [email protected]. Volg die African Child Development Trust op Facebook en Instagram om op hoogte te bly van die vrystelling en verspreiding van boekies. Laai vandag jou gratis boekie op zoshy.online af. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie