Amupanda: ‘Ek is nie lid van ’n politieke party’
Voormalige burgemeester ondersoek
Die Universiteit van Namibië ondersoek tans Job Amupanda vir wangedrag.
“Ek sal doen wat ek wil, wanneer ek wil en soos ek wil.”
So het Job Amupanda gesê in reaksie op berigte dat die Universiteit van Namibië (Unam) bewerings van wangedrag teen hom ondersoek
Amupanda, ’n oudburgemeester van Windhoek, het onlangs sy intensies duidelik gemaak om aan die volgende nasionale verkiesings deel te neem. Dit deur advertensieborde met die slagspreuk “Don’t worry, your president is coming” in Windhoek en verskeie dorpe te plaas.
Berigte oor die universiteit se ondersoek na Amupanda – wat ’n lektor by Unam is – het Dinsdag die lig gesien.
Unam se woordvoerder, Simon Namesho, sê dié instelling is nie op ’n snuffeltog om Amupanda te inkrimineer nie en die ondersoek is nie kwaadwillig nie.
Volgens Namesho laat Unam werknemers toe om aan ’n politieke party te behoort en om politieke byeenkomste by te woon, hoewel die universiteit verwag dat werknemers hul indiensneming by dié instelling moet heroorweeg indien hulle in ’n politieke posisie aangestel sou word.
“Ingevolge Unam se beleid, mag personeellede by politieke bedrywighede betrokke raak. Dit sluit onder andere lidmaatskap van politieke partye in, om openbare politieke byeenkomste by te woon en om by politieke gesprekke betrokke te raak.
“Dit is egter belangrik om te beklemtoon dat, terwyl ’n individu in diens van die universiteit is, personeellede nie toegelaat word om poste of parlementêre posisies namens enige politieke partystruktuur te beklee nie,” het Namesho gesê.
Namesho voer aan dat Amupanda bewus is van die verbod op politieke aanstellings.
“Indien enige personeellid wil deelneem aan aktiewe politieke aktiwiteite, wat deur ons beleid toegelaat word, moet hulle aansoek doen vir onbetaalde verlof – wat oorweeg sal word. Hierdie verlof stel hulle in staat om tyd aan hul politieke verbintenisse te wy sonder negatiewe implikasies op hul diensverpligtinge,” het Namesho gesê.
Amupanda hou vol hy is nie ’n lid van enige politieke party nie en hy beklee geen politieke posisie nie. Hy voer aan dat die Affirmative Repositioning (AR) nie ’n politieke party is nie.
– [email protected]

Kommentaar
Readawn Mouton
Foeitog!