Ariamsvlei-leerlinge besoek plase
Die graad 6-leerlinge van die Primêre Skool Ariamsvlei het onlangs ’n uitstappie na suideplase teen die Oranjerivier onderneem.
Hulle het onder meer Komsberg besoek, waar hulle alles van die pluk, verpakking en uitvoer van tafeldruiwe geleer het.
Komsberg is ’n bekende en groot uitvoerder van wit, rooi en swart tafeldruiwe na die Europese Unie, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Arabiese Emirate. Meer onlangs is ook met die verbouing van sitrus en bloubessies begin.
Daarna het die skoolgroep by Desert Fruit Farming aangedoen waar hulle alles van dadels geleer het. Dié plaas is ’n groot uitvoerder van gehalte dadels van die variëteite zamli, barhi, medjool en khalas.
Beide plase is steunpilare van die Primêre Skool Ariamsvlei. Hul hande staan altyd reg om te help, om funksies of geleenthede te borg en om leerders te borg vir hoërskool, of om hul bus te gee vir ’n sportdag by Warmbad, sowat twee ure se ry suidweswaarts.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie