Beter toekoms vir spesiale kinders

Groot planne vir leerlinge se ontwikkeling
Met die voltooiing van die projek sal kinders volgens hulle vaardighede en belangstellings opgelei word.
Tanja Bause
Die bekendstelling van die kweekhuis en akwaponika by die Dagbreek Skool vir kinders met spesiale behoeftes is die begin van ’n beplande stedelike plaas en opleidingsentrum.

Met die voltooiing van die projek sal kinders volgens hulle vaardighede en belangstellings opgelei word, wat ’n groot verskil in hul toekoms sal maak.

Volgens Ndunge Iiyambo, ’n onderwyser by die skool, is daar slegs twee skole vir kinders met spesiale behoeftes in Namibië en beide is in Windhoek.

“Die twee skole maak voorsiening vir al die kinders in die hele land. Die navraag vir plek is ondenkbaar. Daagliks kom hier ouers aan met trane in hul oë op soek na plek vir hul kind. Ons het ook nie plek in ons koshuis nie. Dit is hartverskeurend, maar ons gaan aan en werk met wat ons het,” het sy gesê.

Die skool huisves tans 155 leerlinge en 28 koshuiskinders.

Volgens Dagbreek se skoolhoof, Paul du Plessis, moet daar meer skole vir kinders met spesiale behoeftes in die streke gebou word.

“Onderwys moet na die leerlinge toe geneem word. Ons benodig meer skole en fasiliteite vir kinders met spesiale behoeftes in die streke. Dit is hoekom ons die stedelike plaas en opleidingsentrum beplan sodat dit as model vir ander fasiliteite landswyd gebruik kan word.”

Die skool se tuinbouprojek vorm deel van die kurrikulum.

“Slegs sowat 10 persent van ons leerlinge kry werk nadat hulle die skool verlaat. Ons wil kursusse implementeer wat meer leerlinge met vaardighede toerus sodat hulle ná skool werk kan kry,” het hy gesê.

Die stedelike plaas sal deur perma-kwekers ontwerp word met ’n gryswaterstelsel en kwekery, deur gebruik te maak van verskillende tuinmaakmetodes, soos akwaponika, hidroponika, beddings, plant in die grond en saadbeddings.

Die sentrum sal talle deure vir verskillende opleidingsgeleenthede open, onder andere in tuinmaak, handelsware, gasvryheid, kosmaak, spyseniering, wasgoed was, motorwas en herwinning. Dit sal ook ’n winkel, restaurant met ’n buitelug teetuin insluit waar kinders met spesiale behoeftes opleiding sal ontvang.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!