Bewerings oor topskool verwerp
Rukonga Vision School gestig vir minderbevoorregte leerlinge
Die skool se missie is om leerlinge te ondersteun wat die potensiaal het om uit te blink en om 'n algehele akademiese prestasie van 75% of hoër te handhaaf.
Kavango-Oos se direkteur van onderwys, Christine Shilima, het bewerings van korrupsie in die toelatingsproses by die land se beste staatskool verwerp.
Die Rukonga Vision School op Divundu wat gevestig is om minderbevoorregte leerlinge te bedien, is in die spervuur met bewerings dat die kinders van verskeie hooggeplaaste ministeriële beamptes in die skool toegelaat word. Laasgenoemde is ’n direkte skending van die skool se mandaat.
Die bewerings deur lede van die publiek, wat verkies het om anoniem te bly, fokus op die feit dat die skool wat veronderstel is om leerlinge van minderbevoorregte families te prioritiseer, nou eerder kinders aanvaar wie se ouers invloedryke poste in die ministerie beklee en wat privaat onderrig kan bekostig.
“Rukonga Vision School is veronderstel om leerlinge van minderbevoorregte families te help. Kinders van hooggeplaaste ministeriële amptenare wat privaat onderrig kan bekostig, is egter tot die skool toegelaat.
“As ’n voorbeeld is die kind van ’n direkteur by die direktoraat van nasionale eksamens en evaluering (DNEA) hier aanvaar ten spyte van die skool se mandaat. Dis ’n direkte skending van die beginsels van gelykheid en regverdigheid,” lui ’n verklaring deur die begriefde groep.
Die groep het gevra vir ’n deeglike ondersoek na die aangeleentheid, veral oor bewerings dat kinders van die uitvoerende bestuur van die ministerie die top- akademiese presteerders oorheers. Hulle eis ook ’n ondersoek na die moontlikheid dat eksamenvraestelle aan dié families uitgelek word.
“Hou enige beamptes wat aan korrupsie of begunstiging skuldig bevind word aanspreeklik. Dit sluit in om hulle uit hul poste te verwyder.
“Verseker dat toekomstige eksamenprosesse onafhanklik, deursigtig en vry van onbehoorlike invloed is,” sê een van die beswaardes.
REAKSIE
Shilima het in reaksie hierop verduidelik toelating word in ooreenstemming met die skool se beleidsrigting bepaal en op grond van ouers se inkomste.
“As die inkomste nie tydens toelating verklaar is nie, onttrek ons die kind onmiddellik aan die program wanneer sulke gevalle aangemeld word.
“’n Skoonmaker wat sowat N$3 000 verdien, kwalifiseer. ’n Direkteur se kind, ’n onderwyser se kind of selfs ’n administratiewe beampte se kind sal nie kwalifiseer nie, want hul inkomste oorskry die perk.
“Die beleid is van toepassing op skoonmakers in die staatsdiens, nie diegene by die Namibië Inkomste-agentskap (NamRA) waar skoonmakers salarisse verdien wat vergelykbaar is met dié van onderwysers nie,” het sy gesê.
“Die leerling moet ’n A-student wees, tipies ’n kwesbare A-leerling in graad sewe,” het Shilima verduidelik.
“As iemand ’n formele klag indien, kan ons ondersoek instel of die leerlinge wat toekennings ontvang het wel die kinders van direkteure of beamptes is.”
Die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, kon nie teen druktyd vir kommentaar bereik word nie.
MISSIE
Die Rukonga Vision School is gestig om gehalte-onderrig aan die land se mees minderbevoorregte leerlinge te verskaf.
Dis ’n sekondêre skool wat graad 8 tot 11, sowel as gevorderde vlak (AS) aanbied. Die skool se missie is om leerlinge te ondersteun wat in terme van onderwys gemarginaliseer is en die potensiaal het om uit te blink en om ’n algehele akademiese prestasie van 75% of hoër te handhaaf.
Voornemende leerlinge moet ten minste 75% in wiskunde, natuurwetenskap en gesondheidsonderrig behaal, tesame met ’n algehele gemiddeld van 65% of hoër in al die vakke in graad 7.
Geskiktheid vir die program strek ook tot leerlinge wat wees gelaat is, kwesbare kinders of diegene uit voorheen gemarginaliseerde gemeenskappe.
Leerlinge wie se ouers ’n baie lae of geen inkomste verdien of wat nie in staat is om voldoende sorg te verskaf nie, word ook oorweeg.
Gevalle van identifiseerbare vorme van mishandeling of onvoldoende toegang tot basiese benodigdhede soos kos, klere of verblyf word in ag geneem.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie