Die inhoud- en kwaliteitversekeringspanne van die ministerie van onderwys, Nied en Namibia Media Holdings (NMH) het verlede jaar die sukses van die projek tydens ‘n terugvoersessie gevier. Foto Enzo Amwele
Die inhoud- en kwaliteitversekeringspanne van die ministerie van onderwys, Nied en Namibia Media Holdings (NMH) het verlede jaar die sukses van die projek tydens ‘n terugvoersessie gevier. Foto Enzo Amwele

Bring die kurrikulum na Namibiërs

Inhoud dek 36 weke
Een van die hoofdoelwitte van die ACDT-onderwysprojek is om te verseker elke enkele aktiwiteit in al die boeke is deur 'n span spesialiste goedgekeur.
Onderwysredaksie
Min mense besef die gebrek aan gestandaardiseerde hulpbronne van goeie gehalte waartoe ons skole en onderwysers in Namibië toegang het. Een van die dinge wat die Covid-pandemie aan die lig gebring het, was ongelykhede in Namibiese onderwys.

Na talle debatte en besprekings oor die beste pad vorentoe om die voortsetting van onderwys te verseker, is die behoefte duidelik gemaak: bekostigbare en gestandaardiseerde opvoedkundige materiaal van goeie kwaliteit in kinders se onderrigtaal.

GEHALTEVERSEKERING

Een van die hoofdoelwitte van die African Child Development Trust (ACDT)-onderwysprojek is om te verseker elke enkele aktiwiteit in al die boeke is deur ‘n span spesialiste goedgekeur. Gehaltebeheer is deeglik uitgevoer deur elke stap van die proses om die boekies saam te stel.

Ná die stappe om inhoud te ontwikkel en die boekies te ontwerp, het ‘n span van senior onderwysbeamptes wat in elke graad spesialiseer, verseker dat elke aktiwiteit op ’n voldoende vlak was. Na hulle die groen lig gegee het, is alle boeke na die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (Nied) gestuur, wat verseker elke boek en werkkaart volg die Namibiese kurrikulum en dat die hele kurrikulum oor die tydperk van 36 weke gedek word.

Me. Bertha Haimbodi, die senior onderwysbeampte vir junior primêr by Nied, het verduidelik hoekom die projek noodsaaklik was en is: “Dit is ‘n goeie inisiatief en het gehelp om die gemeenskappe te bereik wat nie toegang tot die nodige hulpbronne of tegnologie het nie. Dit was die enigste medium waardeur hulle kon leer.”

“Dit was wonderlik om ook onderwysers in die gemeenskappe te betrek,” het sy voortgegaan.

“Die onderwysers verstaan die leerlinge en dít waarby hulle aanklank vind.”

“Die span het elke boek sistematies met die kurrikulum belyn op ‘n manier wat maklik is om te verstaan. Dit is só opgestel dat enigiemand, van die onderwysers tot die kind tot die ouer, die aktiwiteit kon voltooi en verstaan.”

OMVATTEND

“’n Projek op hierdie skaal is nog nooit onderneem nie,” het me. Sharnay Botha, koördineerder van die projek, gesê.

“Ons lewer nie net daagliks boeke aan kinders oraloor die land af nie, maar ons verseker dat hierdie boeke kurrikulumgedrewe is en in 12 tale beskikbaar is.”

Wanneer kinders al 36 weke se inhoud – wat ons verskaf – voltooi het, het hulle die hele Namibiese kurrikulum in hul onderskeie grade gedek. En dit kos die kind of skool niks; boeke word afgelewer en is gratis beskikbaar.

Dít hang egter alles hang af van eksterne finansiering en skenkings.

“Die voortsetting van hierdie projek is noodsaaklik vir die toekoms van Namibiese onderwys. Ons doen ‘n beroep op belanghebbendes, besighede en organisasies om die African Child Development Trust te ondersteun om hierdie inisiatief te kan voortsit,” het Botha gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!