Dansgroep neem ernstige gesprek na skole

Yandi Du Plessis
Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO)-dansgroep besoek tans skole in die Kunenestreek om bewustheid onder skoliere te skep en gesprekke te voer oor kwessies rondom geslagsgeweld. Dit is 'n inisiatief wat deur Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) in Namibië en die Regain Trust ondersteun word. Dit is die eerste van dié inisiatiewe in skole om te verseker dat alle leerders oor die basiese inligting beskik en weet waar om hulp te soek indien hulle probleme van dié aard ondervind. Dit sal gevolg word deur 'n tweede ingrypingsveldtog wat slegs op seuns gemik is om die konsep van positiewe manlikheid te bespreek. “Die verandering van geslagsnorme neem tyd. Maar een kind op ’n slag, deur seker te maak ons laat niemand agter nie, kan ons 'n verskil maak,” aldus OYO.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!