262726056_4793940047316958_7012913727420350730_n
262726056_4793940047316958_7012913727420350730_n

Eksamenlokale taboe sonder bewys van identiteit

Ten doel om nabootsing te verhoed
Sommige meen dat nasionale dokumente moeilik is om te bekom, veral in gevalle waar een of albei ouers in Angola woon.
Tuyeimo Haidula
Sowat 10 leerlinge van die Gekombineerde Skool Ekundu in die Okalongo-kiesafdeling in die Omusatistreek sal glo nie vanjaar die eksamens vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat vir Gewone Vlak (NSSCO) vir graad 11 en die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende vlak (NSSCAS) vir graad 12 in November/Desember kan aflê nie, weens die feit dat hulle nie nasionale dokumente het nie.

Alhoewel die aantal leerlinge van hierdie skool bevestig kon word, is daar glo ook ander skole in die Ohangwena- en Kavangostreek wat dieselfde probleem trotseer.

’n Raadslid van die Okalongo-kiesafdeling, Laurentius Iipinge, het wel gesê dat sy kantoor hard werk om te verseker dat die leerlinge van die Gekombineerde Skool Ekundu hul eksamens kan aflê.

Iipinge het gesê hy het die skoolhoof versoek om aan sy kantoor te sê wat gedoen moet word om te verseker dat die leerlinge die nodige dokumente kry.

Die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het dit verlede maand duidelik gemaak dat alle voltydse en deeltydse kandidate wat aan enige nasionale eksamen deelneem, bewys van hul identiteit moet toon voor hulle toegelaat sal word om enige eksamenlokaal te betree.

Sy het dié opdrag aan alle direkteure van onderwys, hoofonderwysbeamptes, streekeksamenbeamptes, skoolhoofde, sentrumhoofde vir deeltydse kandidate en die bestuur van die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) gerig.

Steenkamp beklemtoon egter dat die ministerie nie ten doel het om enigiemand leed aan te doen nie.

“Weens ’n toename in die aantal gevalle van nabootsing deur kandidate in die verlede, is dit verpligtend vir die kandidate om identifikasiedokumente te hê om tot die eksamenlokaal toegelaat te word,” het Steenkamp gesê.

Sy het gesê die dokumente wat vir eksamens aanvaar sal word, is oorspronklike nasionale identiteitskaarte (ID’s), geldige oorspronklike paspoorte, geldige oorspronklike bestuurslisensie, oorspronklike kieserskaarte en leerlingkaarte wat deur voltydse skole aan voltydse kandidate uitgereik is. Steenkamp het gesê dié kaarte sal slegs aanvaar word as hulle die naam, geboortedatum of identiteitsnommer en 'n onlangse foto van die kandidaat bevat.

“Private deeltydse instansies moet verseker dat hul kandidate hierdie identifikasiedokumente het,” het sy gesê.

Volgens Steenkamp sal toestemming verleen word in gevalle waar kandidate kan bewys dat hulle om ’n ID aansoek gedoen het, maar dit nog nie ontvang het nie.

Kandidate wat nog nie 16 is nie, moet teen hul geboortedatum op hul toelatingspermit nagegaan word.

FRUSTRASIES

“Sommige kinders het Namibiese ma’s en Angolese pa's en omgekeerd. Dit is dus ’n uiters moeilike proses om te volg,” het een van die ouers gesê, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het.

Dié ouer het ook vertel van ’n leerling wat vanaf preprimêr tot graad 11 skool in die streek bygewoon het.

Die ouer het gesê hoewel hulle jare terug met hul aansoekproses begin het, het hulle eers verlede jaar daarin geslaag om al die vereiste dokumente in te dien aangesien albei die kind se ouers in Angola woon.

Die ouer het gesê dit is regtig moeilik om nasionale dokumente te bekom en dat dit ’n lang proses is.

“En selfs nadat hulle gehoor gegee het, sal hulle steeds vir jou sê die kind is nie ’n Namibiër nie en moet hul ware identiteit gaan soek.”

Die kind is in ’n nedersetting in die Omusatistreek gebore en het ’n Namibiese pa en Angolese ma wat later na Angola verhuis het. Jare later is die kind teruggestuur Namibië toe en het glo saam met ’n gesin hier gewoon en begin skoolgaan.

Volgens die ouer woon beide van die kind se ouers nou in Angola en het hulle glo die ouers gesmeek om na Namibië te kom sodat hulle vir nasionale dokumente kan aansoek doen.

Hulle het glo na die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit op Outapi gegaan en moes verskeie dokumente indien.

“Nadat hulle ondersoek ingestel het, sê hulle vir ons die kind is nie ’n Namibiër nie,” het die ouer gesê.

Wat volgens die ouer vir hulle die ergste is, is dat hulle geld bestee het om die kind te onderrig en nou – tydens haar finale graad op skool – word haar toekomsplanne belemmer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93%