Eksemplare van hoop
Geen kind word agtergelaat
Newsprint Namibia het tot dusver meer as 12 miljoen opvoedkundige boekies gedruk.
Die opvoedkundige boekieprojek wat die African Child Development Trust (ACDT) saam met Namibia Media Holdings (NMH) en ander vennote van stapel gestuur het, het ten doel om te verseker geen kind word tydens die huidige pandemie en daarna agtergelaat nie.
Teen Maart vanjaar het NMH meer as 12 miljoen opvoedkundige boekies deur sy drukkery, Newsprint Namibia, gedruk en dit is na vroeë kinderontwikkelingsentrums (ECD's) en skole oraloor die land versprei.
“Dit was beslis nie die maklikste taak wat ons aangepak het nie, maar ons het gesien ons kan daartoe bydra om gehalteleermateriaal meer toeganklik vir kinders te maak, wat die span geïnspireer het om hul insette te lewer en saam te staan. Ons is uiters trots op wat ons saam met ons vennote en ander belanghebbendes vermag het,” het mnr. Rudolf Witbooi, produksiebestuurder by Newsprint Namibia, gesê.
SOLIDARITEIT AS MAATSTAF
Dié opvoedkundige projek is een van die grootste openbare-private vennootskappe in die onderwysbedryf, en is ten volle uitgevoer deur onder meer ‘n span van agt onderwysers, twee senior onderwysbeamptes, 18 vertalers, 15 grafiese ontwerpers, 37 drywers, 54 drukkerspersoneellede, twee gebaretaalonderwysers en twee onderwysers vir die aanlyn skool.
Die werkslading verskuif dan na Newsprint Namibia, wat hul kapasiteit as een van die land se grootste drukkerye ingespan het om meer as 12 miljoen hoogs visuele, sillabus-gebaseerde boekies, wat aan gehaltebeheer onderwerp is, op die mees kostedoeltreffende manier moontlik te vervaardig.
“Aangesien ons daarin spesialiseer om groot volumes media op ‘n daaglikse basis te druk, kon ons dieselfde strategie gebruik om hierdie opvoedkundige boekies teen die hoogste gehalte te vervaardig, maar ook op ‘n manier wat baie meer kostedoeltreffend is as tradisionele opvoedkundige leermateriaal,” het Witbooi bygevoeg.
Dit was geen geringe prestasie nie, aangesien meer as 50 000 ure in inhoudontwikkeling, ontwerp en gehaltebeheer belê is. Alles moes dus perfek wees om te verseker die meer as 100 000 km papier wat tot dusver vir die projek gebruik is, sou goed benut word.
“Ons wou deel word van die oplossing en nie bly fokus op die probleme wat ons land se kinders weens Covid-19 in die gesig staar nie. Ons wou verseker geen leerling bly agter nie, en deur hierdie projek is leerlinge landswyd die geleentheid gebied om hul onderrig voort te sit,” het mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van NMH, gesê.
Me. Sharnay Botha, die koördineerder van die onderwysprojek, het gesê vir die 2022-uitgawe van die projek is groter fokus op die preprimêre en ECD-fases geplaas.
“ECD’s oraloor die land is genader en nou ontvang meer as 500 van dié sentrums weeklikse opvoedkundige materiaal in verskeie tale. Hierdie getal bly groei namate meer sentrums ons kontak om materiaal te ontvang. Ander kleuterskole, dagsorgsentrums en naskoolse geriewe het ook uitgereik om opvoedkundige boeke te ontvang.”
Vir meer inligting en om betrokke te raak, stuur ‘n e-pos na [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie