• Tuisblad
  • Onderwys
  • Finansiële ondersteuning vir leerlinge om met onderrig voort te gaan
FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF
FOTO TER ILLUSTRASIE. FOTO ARGIEF

Finansiële ondersteuning vir leerlinge om met onderrig voort te gaan

Henriette Lamprecht
Deeltydse kandidate wat hul punte in graad 11 gewone vlak (NSSCO) verbeter het en nou kwalifiseer vir gevorderde vlak (AS), kan na die skoolbanke op ’n voltydse basis terugkeer. Die enigste voorwaarde is dat hulle 21 jaar en jonger teen 31 Desember vanjaar moet wees.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur gaan in samewerking met die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) ook leerlinge wat verlede jaar voltyds vir die graad 11-gewone vlak (NSSCO) geregistreer was,

op verskeie maniere finansieel ondersteun om met hul onderrig voort te gaan. Die ministerie sal ’n gedeelte van die Namcol-registrasiefooi, die eksamenfooi, sowel as 50% van die onderrigfooie tot ’n maksimum van vier vakke by Namcol betaal. Bogenoemde geld net vir vanjaar. Namcol het ook sy registrasietydperk met twee weke verleng vanaf 14 Maart tot 24 Maart.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!