Fonds help teen pandemie se leergapings
Te min steun vir kinders met leerafwykings
Die gat in ouers se geldsake in die nadraai van die pandemie het haar genoop om in te gryp.
Om die gapings teen te werk wat deur die Covid-19 pandemie in die onderwysprogram gelaat is, het me. Wyna Hohne die Ayuda Spesiale Onderwysfonds gestig ter bystand aan ouers en kinders wat tans ’n finansiële agterstand beleef.
“Ek bedryf self ’n kleuterskooltjie en ons het tydens die pandemie ongeveer N$300 000 verloor. Daar is ’n gat in ouers se finansies,” sê sy.
Hohne sê die bykans N$66 000 wat tydens Ayuda se eerste lootjiekompetisie ingesamel is, sal reeds volgende jaar ingespan word om twee gesinne in vyf skole met ’n bydrae van N$25 000 per jaar te ondersteun.
“Ons is van plan om volgende jaar tien kinders te help. Ons wil graag meer doen, maar vir eers is dié ons beginpunt,” het Hohne gesê.
SPESIALE SKOLE
Hohne vertel kinders met leerafwykings lê haar na aan die hart, juis omdat daar dikwels ’n gebrek aan ondersteuning vir hierdie kinders is.
“In baie gevalle kan jy een onderwyser vir twee kinders (met leerafwykings) hê. Hierdie kinders moet op die ou end spesiale skole bywoon. Ek ondervind dat kinders met leerafwykings baie gefrustreerd raak in hoofstroomskole.
“Ons wil ook hier help, maar ons sal elke geval per skool evalueer,” het sy gesê.
Sy deel ook die frustrasie met ’n gebrek aan skole vir kinders met outisme.
‘LUI OUERS ...’
Hohne voer aan dat onderrig in die grondslagfase vir ’n kind se skoolloopbaan die pas aangee, maar verduidelik dat nalatigheid van ouers in vele gevalle hul kinders se kanse op voldoende opvoedkundige fondasies belemmer.
“In my ondervinding gee die groter skole nie genoeg individuele aandag aan leerlinge nie, maar dit kom ook neer op die ouers se verantwoordelikheid teenoor hul kinders.
“Sommige ouers is eenvoudig te lui om hul kinders betyds wakker te maak en skool toe te bring, dan kom die kinders eers 9-uur by die skool aan wanneer die kinders speeltyd het. Op die ou end put hulle dan ongeveer ’n uur se leerwaarde uit hul skooldag. En dit gebeur gereeld,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie