Geen droom is te groot
Primêre skool het vanjaar sy deure geopen
Die Lüderitz Blue School op dié dorp wil die mees gesogte Engelse privaat skool in die suide van die land word.
“Ons wil soveel kinders as moontlik die geleentheid gee om deel te neem aan ons buitemuurse aktiwiteite. Die skoolfonds wat ons vra, maak dit onmoontlik vir baie mense om hulle kinders na ons skool te kan stuur en daarom is ons buitemuurse aktiwiteite, soos die robotika-klas, oop vir enige kind wat belangstel,” het Lucy Hooft, die Lüderitz Blue School se raadsvoorsitter, gesê.
Die skool het sy deure in Januarie vanjaar geopen en huisves tans 16 leerlinge.
“Ons het as ’n gesin met drie klein kinders Lüderitz toe getrek. My man, Daniel, is die uitvoerende hoof van Kelp Blue en Lüderitz is die beste plek in die wêreld om reuseseewier te groei.
“Hier was geen skool op die dorp wat die kurrikulum gebied het waaraan die kinders gewoond is nie. Ons wou seker maak dat hulle dieselfde standaard onderrig ontvang ingeval die seewier nie groei nie en ons weer moes trek, want gelukkig nou onmoontlik lyk.”
Die gesin het besef hulle sal self iets moet doen om die kinders se onderrig op standaard te hou.
“Ons het besef daar is meer mense in dieselfde situasie. Mense wat hulle kinders na ander skole en koshuise toe moet stuur of wat nie oorweeg om Lüderitz toe te trek nie weens die skoolprobleem.
“Dit is waar die idee ontstaan het en nou wil ons die beste klein skool met die beste koshuis in die streek word.”
Die Blue School is ’n private skool wat ’n internasionale kurrikulum volg en met ’n sterk akademiese fokus. Hulle fokus ook op die omgewing, veral op die unieke omgewing rondom en in die dorp, asook om meer oor die oseaan te leer.
“Ons fokus ook sterk op ons buitemuurse aktiwiteite omdat daar baie min was vir kinders om na skool te doen. Die skole sluit om 13:00 en dan is daar niks verder vir die kinders om te doen nie. Ons bied onder meer robotika, Lego, sterrekunde, kuns en kunsvlyt, kosmaak en gebaretaal aan. Baie van die klasse is oop vir kinders wat nie in ons skool is nie, maar wat daarin belangstel.”
BEURS
“Ons wil meer kinders die geleentheid gee om voordeel uit ons skool en ons kurrikulum te kan trek. Dit is hoekom ons van die begin af gesê het 20% van die leerlinge moet beurshouers wees. Ons het tans twee en is op soek na die derde leerling.
“Ons verseker, deur die beurse te gee, dat die skool nie net vir bevoorregte kinders is nie, maar dat enige kind die geleentheid kan kry om by ons aan te sluit en voordeel uit die skool te kan trek.”
Private skenkers betaal tans vir die twee beurse. Die Kelp Forest Foundation (KFF) betaal vir baie van die buitemuurse aktiwiteite, veral die robotika-laboratorium en Oseanedag.
“Hulle wil Lüderitz as ’n gemeenskap ontwikkel sodat dit nie net oor die groei van reuseseewier gaan nie, maar oor hoe Lüderitz voordeel uit dié bedryf kan trek.”
TOEKOMS
Die skool akkommodeer tans graad 1- tot 6-leerlinge. Graad 7 word volgende jaar bygevoeg en uiteindelik sal klasse tot matriek aangebied word.
“Ons moet saam met ons leerlinge groei en ons het nou ’n paar kinders wat volgende jaar na graad 7 vorder. Ons kan hulle nie wegstuur nie, dus moet ons uitbrei.
“Ons hoop ook om volgende jaar ’n koshuis te open; dan kan ons kinders van die hele streek, land en selfs van die buiteland akkommodeer en onderrig. Die skool bied ’n internasionale kurrikulum aan teen ’n fraksie van die koste as wat dit byvoorbeeld by ’n skool en koshuis in Engeland sou kos en boonop nog in ’n besonderse plek.”
Die gebou waarin die Blue School tans gehuisves word, was nog altyd ’n skool. Dit was vir jare die Duitse skool waar kinders van Lüderitz sowel as van die hele streek skoolgegaan het. Net bokant die skool is twee groot koshuise wat vir ’n wyle in onbruik is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie