Geen eksamens vir Oluno
‘Dit word nou ’n toetsreeks genoem’
Skoolhoofde moet seker maak dat die toetse op standaard is sodat vorderingsverslae aan die einde van die semester aan ouers uitgereik kan word.
Die Oluno-onderwyskring in die Oshanastreek het sy Mei/Junie-eksamen gekanselleer weens finansiële beperkings wat skole in die gesig staar.
In ’n brief wat op 13 Mei aan alle skoolhoofde, departementshoofde (HOD’s) en onderwysers gestuur is, het die waarnemende inspekteur van die Oluno-onderwyskring, Elvi Wapota, bekend gemaak dat die onderwyskring se eksamenkomitee besluit het dat al die skole eerder toetse sal skryf. Oluno huisves tans 36 skole, insluitend 27 in staatsbesit.
Wapota het opdrag gegee dat die eksamenvraestelle wat op kringvlak opgestel is, teruggehou en volgende jaar gebruik word. Die skole wat nie hul vraestelle klaar voorberei het nie, moet die gemodereerde vraestelle indien.
Sy het gesê alle skoolhoofde en HOD’s moet seker maak dat die toetse op standaard is sodat vorderingsverslae aan die einde van die semester aan ouers uitgereik kan word.
“Daar word van al die skole verwag om aan die einde van die semester vorderingsverslae aan die ouers te gee. Skole word aangeraai om te verseker dat maksimum tyd vir onderrig en leer gebruik word,” het sy gesê.
Wapota het gesê die toetse sal opmaak vir die gekanselleerde eksamens.
Die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, Sanet Steenkamp, het Woensdag aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun bevestig dat die eksamens gekanselleer is, maar dat dit nou “toetsreekse” genoem word.
Sy het verduidelik dat hulle tans ’n skoolkalenderstelsel van twee semesters volg en die ministerie het ’n toetsreeks aan die einde van die semester ingestel.
“Dit beteken ons noem dit nie eksamens nie. Van graad 4 tot graad 9 sal die toetsreeks skryf. Elke toets sal 1 uur duur.
“Ná die toets verwag ons dat onderrig en leer hervat sal word. Die enigste ding wat ons verwag is dat die kinders nie huiswerk kry nie.
“Die toetsreeks sal help om ’n rapport en terugvoering aan die ouers saam te stel sodat hulle hul kinders se vlak van vordering kan verstaan,” het Steenkamp beklemtoon.
Sy het bygevoeg dat die toetse nie maklik moet wees nie, maar werklik die leerlinge moet toets om te sien watter kennis hulle bemeester het.
GELDSAKE
Steenkamp het gesê soos alle ander ministeries in die regering ontvang hulle die geld wat aan hulle toegeken word en versprei dit na die streke.
Volgens haar het die ministerie in 2024 besluit om die betalings te sentraliseer.
“Ons dra nie meer die universele onderwystoelaes vir primêre en sekondêre skole na die streke oor om aan skole uit te betaal nie.
“Ons kry al die vereiste dokumente van die skole en op die rekeninge verskaf die ministerie van finansies en staatsondernemings verskafferskodes en dan het ons spanne se werk in April begin.
Van die 1 760 staatskole landswyd het 1 100 skole direkte finansiering ontvang, het die uitvoerende direkteur gesê.
“Hulle sal hul volle bedrae vir universele primêre onderwys en universele sekondêre onderwys ontvang. Hulle sal ook geld ontvang vir praktiese vakke asook N$15 per kind vir higiëniese pakkies,” het sy gesê.
Steenkamp het gesê hulle het skoolhoofde gevra om toe te sien dat ’n derde van die begroting na die akademiese jaar oorgedra moet word totdat die volgende boekjaar in Maart begin.
“Die skoolrade en skoolhoofde moet so begroot dat hulle nie al die geld in die skoolrekening teen Desember opgebruik het nie. Teen Januarie/Februarie behoort hulle nog geld te hê, want hulle sal eers weer in April en Mei geld ontvang,” het sy verduidelik.
Gedurende die 2024 akademiese jaar het die universele toekenning met N$100 toegeneem. Dit beteken preprimêre leerlinge en laerskoolleerlinge kry N$300 elk vir die jaar, terwyl sekondêre onderwysleerlinge N$400 elk toegeken word.
Die primêre onderwystoelaag vir hulpbronskole (resource schools), of klaskamers met hulpbroneenhede, staan op N$1 500 per leerling, terwyl die sekondêre onderwystoelaag vir hulpbronskole, of klaskamers met hulpbroneenhede, N$2 000 per leerling is.
Steenkamp het gesê die fondse wat vir praktiese en basiese voorberoepsvakke oorgeplaas word, moet teen 31 Julie aangewend wees.
Dit is die ministerie se voorneme om hierdie oordragte teen 31 Mei afgehandel te hê, wat in ’n enkelbedrag en eenmalig oorbetaal sal word, het sy opgemerk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie