Geen raamwerk vir ontwikkelingsfonds
Voorafbepaalde projekte
Uitgerekte verkrygingsprosesse het daartoe gelei dat betaling vir dienste wat gelewer is en veral in die 2022 akademiese jaar is eers in April 2023 betaal.
Die Onderwys Ontwikkelingsfonds het nie ’n aanvaarbare raamwerk vir finansiële verslae nie, ’n kwessie wat reeds in vorige ouditverslae van die fonds geopper en nooit getakel is nie.
Die bestuur van die fonds het drie jaar gelede in 2021 aangedui hulle werk daaraan om die Internasionale Openbare Sektor Rekenkundige Standaarde (IPSAS) te aanvaar. Dié inligting is vervat in die ouditeursverslag van die fonds vir die finansiële jare wat op 2022 en 2023 geëindig het.
Volgens die verslag het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur pogings aangewend om met ander ministeries te vergader vir die moontlike opleiding in IPSAS, maar dit was egter onsuksesvol. Die ouditeur-generaal vereis in sy verslag dat verdere konsultasies met die ministerie van finansies en staatsondernemings gevoer word.
Die fonds het ’n goedgekeurde begrotingsplan vir drie jaar (2021-’23) wat voorsiening maak vir inkomste van N$3 miljoen per jaar. Laasgenoemde is vir voorafbepaalde projekte en aktiwiteite van die fonds. Geen uitgawes is egter aangeteken vir 2022 nie en gevolglik was die fonds tydens dié jaar dormant. Geen inkomste is ook uit ’n toelaag vir 2022 en 2023 ontvang nie.
Die ouditeur-generaal stel in sy verslag voor die fonds verseker dat die goedgekeurde begroting geïmplementeer en op ’n gereelde basis gemonitor word. Dit sê voorts uitgerekte verkrygingsprosesse het daartoe gelei dat betaling vir dienste wat gelewer is en veral in die 2022 akademiese jaar is eers in April 2023 betaal.
Die lae koers om projekte uit te voer tydens beide finansiële jare was ook die rede agter die toegekende begroting wat nie na die fonds oorgedra is nie.
Volgens die ouditeurs het die fonds nie ’n strategiese plan in plek nie, hoewel die doelwitte van die fonds gedek word onder die strategiese doelwit “toegang”, insluitend die strategiese plan van die onderwysministerie.
Die driejaar- jaarlikse begroting van die fonds definieer die sleutelprestasie-aanwysers (KPI’s), maar geen tasbare teikens is volgens die verslag aangedui oor hoe die KPI’s bereik en gemeet sal word nie.
Die ouditverslag stel voor die fonds verseker die KPI’s is goed gedefinieer en meetbaar. Voorts moet die fonds verseker dit ontwikkel sy eie bedryfsplan en monitor die implementering van sy strategiese doelwitte. Die fonds se inkomste verlede jaar was N$70 334, terwyl sy uitgawes N$1,6 miljoen was. Laasgenoemde word verdeel in N$78 000 vir ander dienste/ander uitgawes en N$1,6 miljoen vir ander dienste/opvoedkundige toestelle.
In 2021 was die inkomste N$3 miljoen, terwyl die uitgawes N$2,9 miljoen was. Laasgenoemde het onder meer N$113 139 vir mediese fooie vir dokters, N$2,8 miljoen vir ander uitgawes: spesiale skoolprogram en N$14 000 vir finansiële ondersteuning vir leerlinge ingesluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie