Foto ter illustrasie. FOTO ARGIEF
Foto ter illustrasie. FOTO ARGIEF

Geen voltydse herhaling van graad 12

Henriette Lamprecht
Die Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gevorderde Vlak (NSSCAS) vir graad 12’s is ’n skoolverlatingsgraad en geen herhaling word op ’n voltydse basis toegelaat nie.

Volgens die leerplan moet kandidate ten minste drie vakke op NSSCAS-vlak met ’n C-simbool of hoër in graad 11 behaal om op ’n voltydse basis met gevorderde vlak (graad 12) voort te gaan.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê toelatingsvereistes vir deeltydse kandidate wat gevorderde vlak wil doen, sluit in ’n C-simbool of hoër op gewone vlak of ten minste ’n vier op hoër graad. Kandidate wat graag hul vorige simbole op AS wil verbeter, moet dit in dieselfde vakke op dieselfde vlak doen as waarin hulle eksamen geskryf het.

“Alle kandidate word toegelaat om te registreer vir ’n kombinasie van gewone- en gevorderde vlak-vakke in dieselfde jaar tot ’n maksimum van vier vakke met dien verstande hulle voldoen aan die voorgeskrewe vereistes,” lui die verklaring.

Kandidate van die ou leerplan wat vir vakke op AS-vlak wil registreer, kan ’n maksimum van drie AS-vakke op deeltydse basis neem. Dit geld as hulle voorheen dié spesifieke vakke op hoër graad geneem het.

Kandidate word ook toegelaat om te registreer vir ’n kombinasie van AS- en gewone vlak-vakke in dieselfde jaar en mag nie ’n maksimum van vier vakke oorskry nie.

Die ministerie beklemtoon kandidate mag nie toegelaat word om op ’n voltydse sowel as ’n deeltydse basis in dieselfde jaar te registreer nie.

Kandidate wat deur middel van deeltydse onderrig hul punte verbeter en C-simbole behaal het, kan nie weer as ’n voltydse leerling vir klasse op AS-vlak inval nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!