Geldtekort 'kniehalter groei' by Unam se Rundu-kampus
Die voortdurende vermindering van staatstoelaes belemmer die Universiteit van Namibië (Unam) se vermoë om programme te implementeer en kursusse by sy Rundu-kampus uit te brei
So het dié kampus se direkteur, Helen Miranda, gesê tydens ’n besoek van die parlementêre staande komitee oor menslike hulpbronne en gemeenskapsontwikkeling.
Die besoek het ten doel gehad om ’n mosie te ondersoek, wat die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, verlede jaar in die Nasionale Vergadering (NV) ingedien het.
Die mosie handel oor die huidige krisis in die onderwyssektor en beoog om onmiddellike en langtermynoplossings te vind wat die uitdagings in terme van die Covid-19-pandemie op onderwys kan oorbrug.
Die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing het onlangs ’n begroting van N$1 miljard vir Unam aangekondig, terwyl die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) ’n begroting van N$505 miljoen ontvang het.
Miranda sê daar is ’n behoefte aan finansiering om die universiteit in staat te stel om sy kursusse uit te brei asook om navorsing en fasiliteite te verbeter.
Hoewel die Kavango-Oosstreek nie in ’n krisis gedompel is nie, is daar nog heelwat ruimte vir verbetering.
Hoë druipsyfers en die nasleep van die pandemie, wat gelei het tot werkloosheid onder hoërskool-graduandi en meer beperkte toegang tot hoër onderwys weens onvoldoende ruimte en finansiering, gaan voort om onderwys in die streek te pootjie, het Miranda gesê.
Die Unam-kampus op Rundu staar verskeie uitdagings in die gesig. Dié kampus het onder meer glo onvoldoende fasiliteite om studente op te lei.
Die kampus bied tans programme in onderwys, verpleging en handel aan, maar moet sy jaarlikse inname beperk weens onvoldoende lesinglokale en fasiliteite vir inligting- en kommunikasietegnologie.
Die onderwysprogram word die swaarste getref, aangesien mededinging in ander velde, soos ingenieurswese en medisyne, die onderwyskursusse dikwels met minder gekwalifiseerde of minder gemotiveerde studente laat.
“Soms word ons gedwing om studente te aanvaar wat nie eens daarna streef om onderwysers te word nie, bloot omdat hulle nêrens anders het om heen te gaan nie.
“Hierdie situasie beïnvloed die gehalte van ons onderwysstelsel, aangesien ons uiteindelik met individue sit wat nie passievol oor onderrig is nie,” sê Miranda.
Sy het ook klem gelê op geleenthede vir vernuwing en navorsing, veral om gebruik te maak van die streek se natuurlike en kulturele hulpbronne.
“Diegene wat onlangs ons gradeplegtigheid bygewoon het, kan onthou dat daar nie net druk van die nasie – maar ook van die regering – was vir Unam se Rundu-kampus om landbou te begin aanbied, want ons is in ’n landboustreek.
“En ons was gewillig en meer as gereed om ons kursusse uit te brei deur landbou hier in te stel, maar weens die beperkings kan ons dit nie doen nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie