Graad 1-inskrywings bly ’n kopseer vir Walvisbaai
Leandrea Mouers – Skole op Walvisbaai sukkel elke jaar om plekke vir duisende graad 1-leerlinge te kry weens oorvol skole in dié hawedorp.
Dit het veroorsaak dat ouers oornag voor skole slaap om plek vir hul kinders te verseker. Die tekort aan skole het ook daartoe gelei dat sommige leerlinge in die middae moet skoolgaan.
Met die inskrywingsproses vir 2025 wat volgende week begin, word ’n vergadering vandag by die Laerskool Immanuel Ruiters in Kuisebmond gehou.
Walvisbaai se kringinspekteur vir onderwys, Theresia Goagoses, het verduidelik dat die vergadering die prosedure sal uiteensit vir die inskrywingsproses wat op 4 en 5 Junie sal plaasvind.
Daar is tans sowat 2 149 leerlinge in graad 1-klasse by die staat se laerskole op Walvisbaai.
“Dit sal ook ’n platform wees vir ouers om insigte te deel oor hoe ons die inskrywingsproses kan verbeter, aangesien ons nie wil hê hulle moet by die skole slaap nie,” het sy gesê met verwysing na desperate ouers wat tydens die inskrywingsproses by die skool oornag in ’n poging om ’n plek vir hul kind te verseker.
“Soveel as wat ons ouers ontmoedig om by skole te oornag, doen hulle dit steeds. Dus, by die vergadering sal ons dit bespreek en hulle ook inlig oor die dokumente wat nodig is vir die inskrywingsproses.”
Sy het verder verduidelik dat dit verlede jaar tydens die inskrywingsproses baie koud was.
“Ons weet nie watter weerstoestande ons vanjaar gaan hê nie, maar ons ervaar tans oosweertoestande en wil nie hê ons ouers moet in hierdie toestande sit nie.”
Goagoses het benadruk dat die vergadering slegs ’n inligtingsessie is en nie vir inskrywings nie.
“Inskrywingd vind volgende week by die onderskeie skole plaas. Ons sal op ’n basis werk van die eerste mense wat aankom, sal eerste gehelp word en die kinders wat in die omgewing van die betrokke skool woon, sal voorkeur geniet.
“Indien ’n kind in Narraville bly en by die Laerskool Narraville aansoek doen, sal voorkeur aan daardie kind gegee word.”
Walvisbaai het tans agt laerskole; Laerskool Narraville, Laerskool Flamingo, Laerskool !Nara, Laerskool Tutaleni, Laerskool High Hope, Laerskool Immanuel Ruiters, Laerskool Seaside en Laerskool Kuisebmond.
Vir die skool in Utuseb, 50 kilometer buite Walvisbaai, lyk die inskrywingsproses anders aangesien dit alles afhang van die beskikbaarheid van verblyf in die koshuis.
Om die leerlinge te akkommodeer, moet skole van die pelotonstelsel gebruik maak, wat vereis dat leerlinge in die middae skoolgaan.
MIDDAGSKOOL
“Tans ontvang leerlinge van die Laerskool High Hope in die middae by Laerskool !Nara onderrig.”
Sy het bygevoeg dat die ministerie besig is om ’n senior laerskool te bou, wat voorsiening sal maak vir graad 4- tot 6-leerlinge naby die Laerskool High Hope. Die huidige High Hope sal dan voorsiening maak vir preprimêre tot graad 3-leerlinge.
“Die enigste manier waarop ons met die pelotonstelsel sal kan wegdoen, is as meer skole gebou word. Wanneer nuwe skole gebou word, sal die leerlinge van die ander skole daarheen geplaas word. Ons moet wel nog ’n paar bou.”
Goagoses het bygevoeg dat die aantal graad 1-leerlinge elke jaar toeneem.
“Ons het nie laatkommers (ouers wat hul kinders laat inskryf) nie, maar eerder ouers wat nie saamwerk nie. Vir ouers wat egter uit ander streke verplaas word vir indiensnemingsdoeleindes, hanteer ons aan die begin van die nuwe akademiese jaar.”
Nog ’n kwessie wat skole in die gesig staar, is oorbevolking.
“Ons het ongeveer 40 tot 44 leerlinge in ’n klas, terwyl hulle veronderstel is om 35 in ’n klas te wees,” het Goagoses afgesluit.
’N BETER OPLOSSING
Goagoses het die ouers aangemoedig om vandag se vergadering by te woon.
“Woon die vergadering by sodat jy die regte inligting kan kry en ophou om vals inligting te versprei.
“Ek pleit by die ouers om saam te werk. Kom deel jou insigte oor hoe ons die inskrywingsproses kan vergemaklik en dalk kan ons almal met ’n beter oplossing vorendag kom.”
Oor sommige klagtes deur Narraville-ouers oor die vergadering in Kuisebmond, het Goagoses verduidelik dat die meerderheid van hul ouers in Kuisebmond woon.
“Die vraag is groter in Kuisebmond.”
Altesaam 2 207 leerlinge vanaf graad 1 tot 4 woon smiddae skool by.
In vergelyking het die Laerskool High Hope sowat 387 leerlinge, terwyl die Laerskool JP Brand 284 leerlinge huisves.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie