‘Gratis’ onderwys nie naastenby voldoende
Begroting en werklading kom onder skoot
Die regering betaal steeds die jaarlikse toelaag van net N$200 per primêre leerling en N$300 vir sekondêre leerlinge.
Toegang tot gehalte onderwys vir almal in die land bly wensdenkery, aangesien 1 726 skole na verwagting die begroting van N$183,6 miljoen vir die finansiële jaar 2022-20223 sal deel. Dié bedrag kom neer op ’n skamele N$106 376,65 gemiddeld per skool, skaars genoeg om die koste vir elke leerling te dek.
’n Gesentraliseerde onderwystoelae-uitbetalingsregime van die onderwysministerie waardeur fondse direk aan skole betaal word, het in werking getree, met ’n totaal van N$183,6 miljoen wat reeds teen 8 Desember 2022 aan skole vir die komende akademiese jaar betaal is.
Net 58% van hierdie fondse is egter vir leer- en ontwikkelingsmateriaal vir die jaar geoormerk en behoort die vereiste handboeke, skryfbehoeftes en ander ontwikkelingshulpbronne te dek.
Tot dusver moet 33 afgeleë skole in die Kunene- en Kavango-Wesstreek nog hul betalings ontvang, wat weens dokumentasie-uitdagings vertraag is.
Volgens die ministerie se uitvoerende hoof, me. Sanet Steenkamp, word verwag dat die nuwe stelsel van direkte betalings beter resultate sal lewer en dat dit ook administrasie by skole sal verbeter.
SKERP KRITIEK
Intussen word die stelsel geteister deur ’n verbysterende druipsyfer van net meer as 80% te midde van krisisafmetings in klaskamertekorte, swak toegeruste onderwyspersoneel en ’n minister wat uit voeling is.
Laasgenoemde is die mening van die waarnemende president van die Nasionale Onderwysunie (Nantu), mnr. Daniel Humbu, wat die regering uitdaag om in die openbaar te erken dat hy herhaaldelik gewaarsku is om nie die nou omstrede onderwyskurrikulum in te stel nie.
Die vakbond het ook gedreig om sy lede uit skole te herroep indien die skole nie voldoen aan Nantu se verklaarde operasie oor personeelnorme nie, wat beteken onderwysers sal nie ’n klas aanvaar wat buite die voorgeskrewe norm is nie.
“Sommige skole het meer as 2 000 leerlinge, met een skoolhoof. ’n Direktoraat van 200 skole het talle direkteure en senior beamptes, maar daar word van ons skoolhoofde verwag om 25% van die onderriglading te onderrig terwyl hulle ook skole doeltreffend moet bestuur, beheer en toesig moet hou. Dit is uitbuiting.”
ERGE NOOD
Volgens hom is die hersiene kurrikulum oorhaastig ingestel sonder behoorlike beplanning en ondersteuning. Humbu sê die regering het gruwelik versuim om voldoende finansiële hulpbronne te verskaf om die implementering van die nuwe stelsel te ondersteun.
“Daar is nie voldoende onderrig- en leerhulpbronne by skole vir die nuwe kurrikulum nie en geen behoorlike opleiding is aan onderwysers verskaf voor die implementering van die kurrikulum nie. Trouens, die meerderheid onderwysers is nie tydens die hersieningsproses in 2015 geraadpleeg nie. Die regering het beplan om te misluk,” het hy gesê.
Humbu het bygevoeg die regering het tot nou versuim om voorsiening te maak om onderwysers op te lei wat verantwoordelik is vir die onderrig van die AS-vlakke in skole. In plaas hiervan het die nuwe kurrikulum onderwysers bykans in voltydse administratiese take gedompel met 80% van onderrigtyd wat aan liassering bestee word, eerder as lesvoorbereiding en navorsing.
PYNLIKE OORGANG
Intussen kan skole sedert die afskaffing van skoolgeld en die bekendstelling van die sogenaamde gratis onderwysstelsel nie kop bo water hou nie en kan hulself nie ten volle tot gehalte onderwys verbind nie.
“Die realiteit is dat hulle gewoond is daaraan om geskeduleerde betalings van ouers te ontvang en dit is gebruik vir buitemuurse aktiwiteite veral vir sport en vir afrigters.”
Volgens inligting van die ministerie is die hoogste bedrag van N$25 723 800 vir 245 skole aan die Ohangwenastreek betaal, gevolg deur Omusati wat N$23 541 400 vir 275 skole ontvang het.
Volgens die 15de skooldagverslag wat deur die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) vrygestel is, het Ohangwena laas jaar sowat 117 293 leerlinge gehad.
Die derde hoogste bedrag van N$20 466 800 is vir 84 skole in Khomas betaal, gevolg deur Oshikoto wat N$16 620 900 vir 203 skole ontvang. Die laagste bedrag van N$6 miljoen is aan Omaheke vir 43 skole betaal.
Dit beteken elke skool in Ohangwena het gemiddeld N$104 995 ontvang, waarvan N$60 867 vir leer- en ontwikkelingsmateriaal geoormerk is, maar bedrae kan waarskynlik verskil aangesien die finansiering gegrond is op ’n formule wat vir die aantal leerlinge voorsiening maak.
Volgens Steenkamp het hulle beoog om minstens N$1 000 per leerling per jaar toe te ken, maar die nasionale finansiële situasie het dit onmoontlik gemaak en daarom het hulle mety die N$200-toelaag vir primêre leerlinge per jaar en N$300 vir sekondêre leerlinge volgehou.
Hierbenewens gaan die ministerie steeds voort om die gemeenskapskoshuise oraloor die land te ondersteun waarvoor hulle N$22 per dag per kind betaal.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie