‘Helde’ steun ACDT in onderwysrevolusie

Yandi Du Plessis
Sharnay Botha – Die African Child Development Trust (ACDT) lei, in samewerking met plaaslike gemeenskappe, ’n opvoedkundige revolusie in Namibië se landelike gebiede deur infrastrukturele struikelblokke te oorkom en te verseker dat onderrigmateriaal elke uithoek van die land bereik.

Die sukses van hierdie inisiatief behels samewerking met organisasies, soos Namibia Media Holdings (NMH) en Distribution Hub Namibia (DHN), wat die verantwoordelikheid het om daagliks duisende koerante te vervaardig, te druk en landswyd af te lewer. Deur dié verspreidingskanale kan die ADCT skole en kinders in die mees afgeleë gebiede van Namibië bereik.

DANKBARE STEMME

Agter hierdie inisiatiewe is stemme van diegene wat direk geraak word.

“Vandat ek die boeke begin ontvang het, maak dit my werk makliker. Normaalweg moes ek rondhardloop om kopieë te maak, maar nou is al die aktiwiteite reeds in die boek. Die boeke help my om my daaglikse les- en weekplanne op te stel. Die boeke maak my kinders gelukkig en hulle wil dadelik al die aktiwiteite klaarmaak,” vertel ’n onderwyser wat in ’n afgeleë dorpie klasgee.

“Die boeke het my skool regtig gehelp. Ek hoef nie meer bykomende materiaal te koop nie. Die boeke is baie stimulerend vir die kinders en help om hul verstande te ontwikkel,” het ’n ander onderwyser gesê.

OORKOM UITDAGINGS

Die navigasie van ruwe terreine en afleweringsroetes in afgeleë gebiede en logistieke uitdagings is maar ’n paar hindernisse wat die ACDT gereeld teëkom.

Tog het die gesamentlike pogings met plaaslike leiers ’n instrumentele rol daarin gespeel om hierdie struikelblokke te oorkom, en ’n gevoel van eienaarskap en veerkragtigheid binne hierdie inisiatiewe te bevorder.

BELOFTE VAN EENHEID

Langtermyn-transformasie vereis verenigde toewyding van regerings, ondernemings en nieregeringsorganisasies. Verbeterings aan infrastruktuur, onderwysersopleiding en kurrikulums wat volgens plaaslike kontekste aangepas is, vorm die kern van hierdie alliansie.

“Saam kan ons verseker dat ACDT se inisiatiewe voortleef en floreer, wat die pad vir toekomstige geslagte verlig,” lui ’n onlangse verklaring deur die trust.

Die ACDT het dankbaarheid teenoor die Capricorn-stigting, First Rand Namibia en Powerline Africa uitgespreek vir hulle volgehoue ondersteuning as “helde” wat verseker dat die trust kan voortgaan om onderriginstellings in al die streke te bereik.

Vir meer inligting en om uit te vind hoe jy die ACDT se pogings kan ondersteun, besoek die trust se webtuiste by www.acdtrust.com.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!