‘Hier groei ons’
Sowat 15 000 mense – skoolkinders, ouers, oumas en oupas, niggies en nefies – het sedert Woensdag van oraloor Namibië op Walvisbaai Privaatskool se Naartjiepark toegesak vir die 18de Napso Securitas Privaatskole Sportweek.
Oor die drie dae het die 16 deelnemende skole meer as 3 600 leerlinge – wat onder meer 132 netbalspanne, 84 hokkiespanne, 77 rugbyspanne en 60 tennisspanne insluit - vir 800 wedstryde ingeskryf.
Die Namibiese Privaatskole Organisasie (Napso) se uitvoerende hoof, Wouter Niehaus, het tydens die kleurryke openingsgeleentheid waartydens die Napso-kreet oor die veld weergalm het en duiwe losgelaat is, gesê vanjaar se sportfees het Lego as tema en “Love Every Growth Opportunity” as die leuse.
“Hierdie week is presies dit – nog ‘n geleentheid om te groei in ons Napso-familie,”het hy gesê.
VOORREG
Volgens Niehaus het Napso, wat 28 jaar gelede op die been gebring is, twee jaar gelede gedink “ons gaan nooit weer die voorreg hê om so bymekaar te kom nie”.
“Wat ‘n ongelooflike gesig en gevoel is dit nie nou om almal weer so saam te sien nie. Die Here seën ons!”
Niehaus sê vyf Napso-toere word vir die jaar beplan, met proewe wat tydens die sportweek gespeel is vir ‘n wintersporttoer na die Kaap waar teen onder meer teen Paarl Gimnasium, Hugenote en La Rochelle meegeding sal word. Twee atletiektoere, ‘n kriekettoer en ‘n kultuurtoer word ook beplan.
Henjan van der Hyde, die skoolhoof van vanjaar se gasheerskool, Walvisbaai Privaatskool, het in sy amptelike verwelkomingstoespraak deelnemers aangemoedig om vriende te maak en die talente wat hulle ontvang het, te geniet.
“Daar is altyd pragtige herinneringe en vriendskappe wat altyd sal bly.”
Henry Kemp, sporthoof by Walvisbaai Privaatskool, sê van die opknappings by die skool sluit astro-bane vir hokkie in, terwyl spesiale spreiligte opgerig is wat beteken “ons kan vir 14 ure sport beoefen!”
Privaatskool Elnatan is die gasheer van volgende jaar se privaatskole-sportweek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie