Hoë druipsyfer leerplan se skuld
Swak beplan, nagevors
Die beleid van outomatiese bevordering lei tot honderde leerlinge wat met die aanvang van hoërskool nie kan lees en skryf nie.
’n Ondersoek het bevind Namibië se hersiende leerplan kry die grootste blaam vir die toenemende aantal leerlinge wat druip. Dit geld veral vir leerlinge wat buitemuurse eksamens skryf. Rolspelers in die onderwysbedryf en wat skoolrade, tersiêre instellings en navorsingsinstellings insluit, sê die nuwe leerplan is swak beplan en nie goed nagevors nie.
Skoolbestuurders het glo aan parlementslede gesê die implementering van die nuwe leerplan is gebrekkig en dat die onderrig in Calculus – die wiskundige studie van verandering – eers op gevorderde vlak (AS) begin is. Daar is ook ’n totale wanverhouding tussen AS en tersiêre vereistes.
Ook is bevind die druipelinge in graad 11 en 12 is ’n manifestering van ’n swak grondslag in vroeë onderrig met die beleid van outomatiese bevordering wat lei tot honderde leerlinge wat met die aanvang van hoërskool nie kan lees en skryf nie. Dit maak dat dié leerlinge bestem is om te druip en op straat te beland.
Nog ’n kopseer is glo die swak kwaliteit van onderrig tussen graad 3 en 4, ’n kritieke oorgang van moedertaal na Engels, weens onopgeleide en ongeskoolde onderwysers. Dit blyk die probleem strek deur die hele stelsel, met leerlinge wat kla daar is geen toerusting vir eksperimente in biologie nie. Die inhoud van geskiedenis is volgens die leerlinge ook nie ten volle gedek nie, hoewel dit in die eksamenvraestelle verskyn het. Dieselfde het gegeld vir entrepeneurskap waar ten minste 80% van die vrae nie uit die sillabus was nie.
Onderwysers is ook nie voldoende opgelei om die leerplan te implementeer nie, terwyl sommige skole nie voorsien is van die voorgeskrewe hulpbronne nie en wat handboeke, ten volle toegeruste laboratoriums en masjinerie vir beroepsgerigte vakke insluit.
Dié inligting is vervat in ’n ondersoek deur die parlementêre staande komitee vir onderwys, wetenskap, jeugontwikkeling en inligtingstegnologie wat tussen Julie en September 2023 oraloor in die land en in 11 streke uitgevoer is.
“Die breër mening oor die hersiende leerplan is dat daar geen koÖrdinasie was tussen die implementeerders en die inisieerders van die leerplan nie. Daar is dus ’n gaping wat daartoe lei dat elkeen in sy eie rigting beweeg. Ook is die leerplan gebaseer op inligtings- en kommunikasietegnologie, maar dit sukkel om te werk weens beperkte hulpbronne wat tans deur ’n oorweldigende meerderheid skole ervaar word wat besoek is,” lui die verslag.
Volgens die verslag sukkel AS-leerlinge om by die leerplan aan te pas, omdat daar ’n gebrek aan handboeke en chemikalieë is om eksperimente uit te voer. Die leerplan maak ook nie voorsiening vir leerlinge met leergebreke en spesiale behoeftes nie en is daar ’n behoefte vir gekwalifiseerde onderwysers in lewensvaardighede wat ouers en leerlinge kan lei en raad gee. Intussen het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se adjunk- uitvoerende hoof Edda Bohn gesê die ministerie is ten volle van die verslag en die inhoud bewus en sal spoedig daarop reageer. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie