• Tuisblad
  • Onderwys
  • Hoërskool debatteerders van Namibië baat uit Dink of Sink-werkwinkel
Foto verskaf
Foto verskaf

Hoërskool debatteerders van Namibië baat uit Dink of Sink-werkwinkel

AfriForum se Dink of Sink-span het op Donderdag 19 September ’n werkwinkel vir hoërskoolleerders by die Napso Nictus Kuns- en Kultuurfees by Laerskool Walvisbaai in Namibië aangebied.

Die doel van die werkwinkel is om debat in Afrikaans op hoërskool- en universiteitsvlak te bevorder. Terselfdertyd leer die debatteerders ’n kernvaardigheid aan wat hulle in die toekoms sal baat wanneer hulle die werksplek betree.

Altesaam 27 hoërskoolleerders en ses onderwysers van nege hoërskole in Namibië het die werkswinkel bygewoon. Die skole is Tsumeb Privaatskool, Gobabis Gimnasium, Moria Privaatskool, Elnatan Privaatskool, Windhoek Afrikaanse Privaatskool, Pro-Ed Akademie, Walvisbaai Privaatskool, Berg-op Akademie en Oranjemund Privaatskool. “Die leerders wat die werkwinkel bygewoon het, het van die staanspoor gereedgestaan om goeie argumente te vorm en hulle sê te sê,” verklaar Nicolene Müller, AfriForum se projekkoördineerder vir Onderwys.

Die leerlinge sal nou terugkeer na hul onderskeie skole en saam oefen om debat-gereed te wees vir volgende jaar.

“Die hoë gehalte van Donderdag se werkwinkel voorspel dat die Namibiese skole in 2025 ’n hond uit ’n bos teen die Suid-Afrikaanse skole gaan praat,” sluit Müller af.

Bron: AfriForum

Kommentaar

Republikein 2025-01-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 21° | 32° Oshakati: 23° | 29° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 20° | 30° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 21° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 16° | 32° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 19° | 25° Maseru: 15° | 30° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 24° | 34° Windhoek: 20° | 30° Cape Town: 19° | 23° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!