• Tuisblad
  • Onderwys
  • IOL se betalings aan dosente glo reeds ’n jaar agterstallig
Foto ter illustrasie/IOL
Foto ter illustrasie/IOL

IOL se betalings aan dosente glo reeds ’n jaar agterstallig

Werk as konsultante
Dié onderriginstansie se hoof van onderrig voer egter aan dat die dosente wat op 'n kontrakbasis werk deurlopend betaal word.
Iréne-Mari van der Walt
“Die gehalte gaan agteruit, al die bekwame mense is weg en die permanente personeel van IOL wat oor is werk hulle byna dood,” sê ’n kontrakdosent aan die Institute for Open Learning (IOL), wat sê dat hul betaling tans meer as ’n jaar agterstallig is.

Dié dosent verduidelik dat IOL aanvanklik dosente binne ’n maand betaal het nadat hulle hul eise ingedien het, maar dat daar sowat vyf jaar gelede nuwe kontrakte met dosente onderteken is wat weggedoen het met die tydsraamwerk vir betaling.

“Die bevoegde dosente bedank die een na die ander om hierdie rede en word deur onervares vervang. Daar is dus geen kontinuïteit nie en die gehalte van onderrig neem stelselmatig af namate die goeie, betroubare dosente met baie jare se ondervinding bedank,” verduidelik die bron.

IOL se hoof van onderrig, Ilana Calitz, verduidelik egter dat dosente deurlopend betaal word.

“Betalings aan dosente is ’n deurlopende proses wat voortdurend geoudit en geverifieer moet word om akkuraatheid en deursigtigheid te verseker.

“IOL bly daartoe verbind om sy verpligtinge teenoor ons dosente na te kom om te verseker dat hulle vir hul waardevolle dienste vergoed word,” het Calitz op navrae gereageer.

Sy verduidelik dat IOL die afgelope dekade ongeveer N$37,6 miljoen aan dosente uitbetaal het.

“Ons het tans ’n lys van 293 dosente op ons stelsel, en gemiddeld maak ons gebruik van 110 dosente se dienste op enige gegewe tydstip,” sê Calitz.

Calitz verduidelik oor die bron se bewerings dat nuwe dosente nie aangestel word nie.

“Indien ’n dosent, om watter rede ook al, nie in staat is om hul pligte na te kom nie, stel IOL ’n nuwe gekwalifiseerde dosent aan om te verseker dat die werk gedoen word. Dit verseker minimale ontwrigting van ons onderrigaktiwiteite en -dienste,” sê sy.

“Die dosente werk op ’n kontrakbasis en sodra hy of sy bedank weens wanbetaling, word ’n ander vinnig in sy plek aangestel, min wetend dat hulle meer as ’n jaar vir hul vergoeding gaan wag,” sê die bron.

“Dit is belangrik om te noem dat dosente by IOL op ’n kontrakbasis aangestel word aangesien hulle almal as konsultante werk,” sê Calitz.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!