Kinders baat by projek
Die versterking van vroeë kinderontwikkeling (ECD) in Namibië se informele nedersettings het ’n betekenisvolle hupstoot gekry met ’n bykomende skenking van N$400 000 van die Capricorn-stigting.
Die geld is vir voortgesette steun aan die Development Workshop Namibia (DWN) geoormerk. Die finansiële bystand sal ingespan word by 24 ECD-sentrums op Opuwo en Katima Mulilo vir wie die DWN ondersteun.
Die projek sal oor 12 maande strek en sal sowat 636 kinders asook 52 onderwysers insluit.
Die fokuspunte is eerstens op onderrig- en leermateriaal wat die ontwikkeling, ontwerp, druk en verspreiding van doeltreffende en gepaste boeke, pamflette en ander ondersteunende onderrigmateriaal insluit. Tweedens, opleiding van onderwysers in die geraakte dorpe, en derdens die opknap van infrastruktuur van sentrums.
Die uitvoering vind in noue samewerking met plaaslike owerhede asook die ministeries van geslagsgelykheid en onderwys plaas.
“ECD is een van die sleutelpilare van die Harambee-welvaartsplan wat ten doel het om die langtermyn uitwerking van ongelyke geleenthede vir jong kinders hok te slaan,” sê Hilma Weber, die ECD-programontwikkelaar vir DWN.
Die waarnemende hoof van die Capricorn-stigting, me. Marlize Horn, het op haar beurt gesê data wys belegging in ECD is een van die mees doeltreffende en kostedoeltreffende strategieë vir gemeenskappe om menslike kapitaal te ontwikkel. Laasgenoemde is nodig om ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling en opheffing te bevorder.
Volgens Horn is die tydperk vanaf nul tot agt jaar in ’n kind se lewe kritiek vir die bou van ’n sterk basis vir gesonde ontwikkeling, lewenslange onderrig en ook welstand.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie