Koshuise het kos
Noodaankope word gedoen
Die ministerie van finansies het goedkeuring aan die onderwysministerie verleen vir noodaankope van kosvoorrade vir ses maande.
Die ministerie van onderwys, vernuwing, jeug, sport, kuns en kultuur sê alle staatskoshuise het genoeg kosvoorraad om tot 30 September in die behoeftes van koshuisleerlinge te voorsien.
Dit beteken leerlinge wat hier gehuisves word, sal voortgaan om ononderbroke maaltye vir die volgende ses maande te ontvang, terwyl die regsuitdagings wat met die verkrygingsproses verband hou opgelos word.
Die ministerie het in ’n verklaring gesê die reëlings vir die langtermynverkryging vir 36 maande word deur die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) bestuur en is naby om gefinaliseer te word.
Die ministerie van finansies en maatskaplike toelaebestuur het goedkeuring aan die onderwysministerie vir noodaankope verleen in ooreenstemming met afdeling 41 van die verkrygingswet wat dit in staat gestel het om die nodige kosvoorrade vir staatskoshuise oraloor die land vir ’n tydperk van ses maande (1 April tot 30 September) aan te koop.
Network Media Hub (NMH) het vroeër berig oor ’n aankondiging deur die ministerie dat die hersieningspaneel op 19 Maart bevind het die verkrygingsproses vir die verskaffing en aflewering van kos aan staatskoshuise is gekanselleer en die proses moet van voor af begin.
Die stap het gevolg op regsuitdagings wat deur ’n paar bieërs as deel van die tenderproses begin is.
As gevolg van die kansellasie sou koshuisleerlinge vanaf 1 April sonder kos wees omdat die kontrakte van die vorige diensverskaffers op 31 Maart verstryk het.
“Die verkrygingskontrakte van huidige diensverskaffers kan nie verder verleng word nie aangesien die verlengingsgoedkeuring daarvoor, wat deur die destydse ministerie van finansies en staatsondernemings uitgereik is, ook verval het,” luidens die verklaring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie