'Kry julle sake in orde'
Minister teleurgesteld
Die minister van onderwys, kuns en kultuur het harde woorde gehad vir onderwysers wat nie hul werk doen nie en Namcol as 'n uitweg gebruik.
‘n Teleurgestelde minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka het staatskole tydens die amptelike aankondiging van die uitslae van die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak (NSSCO) en Nasionale Senior Sertifikaat Gevorderde Vlak (NSSCAS) daarvan beskuldig dat hulle ongeorganiseerd is.
“Kry julle sake in orde, leef julle mandate uit!”
Volgens die minister moet uitdagings as leerkurwes gesien word en nie as struikelblokke.
“Raak beter. Die lewe gaan nie oor melk en heuning nie, dit is om ten spyte van uitdagings te leef.”
Volgens die minister is dit hoogtyd dat die aantal leerlinge wat na die Namibiese Kollege vir Beroepsgerigte Onderrig (Namcol) gaan, verminder word.
“Net vakansieklasse word aangebied, keer terug na aangesig tot aangesig onderrig. Ek is teleurgesteld en nie beïndruk nie.”
Sy het onderwysers daarvan beskuldig dat hulle slegs onderrig rig vir eksamens.
“Dek alles! Leerlinge is veronderstel om toegerus te word vir die lewe, nie net vir eksamens nie.”
Sy het verwys na die afname van 8 958 leerlinge wat as voltydse kandidate vanjaar die eksamens afgelê het.
“Waar is dié kinders? Daar is ‘n tendens om kinders in graad 9 terug te hou al het hulle nie gedop nie. Die regering bestee dus dubbel geld op daardie leerling wat die plek hou van ‘n kind wat deurgekom het. Julle mors ‘n kind se tyd en geld. Maak die eerste keer seker ‘n leerling is ordentlik en omvattend voorberei vir grade 10 tot 12.”
Nghipondoka het gemaan dié tendens moet stop.
“Geen kind moet teruggehou word omdat ‘n onderwyser nie sy werk gedoen het nie. Julle mors geld, berei hulle (leerlinge) voor in een jaar, nie twee nie!”
Sy het harde woorde gehad vir onderwysers wat nie hul werk doen nie en Namcol as ‘n uitweg gebruik.
“Hou op om hulle te stuur! Hoekom het jy iemand nodig om polisieman te speel! Onderwysers wys vingers, maar nie na hulleself nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie