Laerskool Ndama-Oos se toekoms onseker
Nuwe skool reeds gebou
Leerlinge van die Primêre Skool Ndama-Oos Primêre Skool sal voortaan 'n kilometer verder moet loop om skool by te woon.
Nikanor Nangolo – Meer as 400 leerlinge van die Primêre Skool Ndama-Oos in Rundu wat onder bome skoolgaan, staar ’n somber toekoms in die gesig te midde van ’n opdrag van die regering om die skool, wat deur werklose onderwysers begin is, te sluit.
Die onenigheid spruit uit die oprigting van nog ’n skool in die omgewing.
Volgens die skool se woordvoerder, Paulus Ndumba, was die aanvanklike plan om ’n skoolgebou op die bestaande perseel te bou.
Christine Shilima, die waarnemende onderwysdirekteur in die Kavango-Oosstreek, het egter haar kommer uitgespreek oor die skool se registrasiestatus, wat haar aangespoor het om nog ’n skool ongeveer 900 meter van die huidige perseel af te laat oprig.
“Sommige ouers en onderwysers het hul kommer uitgespreek oor die langer afstand wat leerlinge daagliks na die nuwe skool sal moet stap. Talle leerlinge loop reeds ver skool toe. Die idee van ’n bykomende kilometer is ’n bekommernis vir ouers,” het Ndumba aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê.
“Verlede jaar, op 12 Oktober, het die goewerneur van Kavango-Oos, Bonifatius Wakudumo en Shilima, die kantoor van die president, gelei deur wyle president Hage Geingob, se raad verontagsaam. Die presidensie het onomwonde die noodsaaklikheid benadruk om relevante belanghebbendes weer te betrek om ’n oplossing te vind in die beste belang van die Ndama-gemeenskap. Hulle weiering om aan hierdie raad gehoor te gee, is uiters treurenswaardig,” het hy gesê.
“Eerder as om geduldig te wag vir die besluit om alle belanghebbendes weer te betrek, het Shilima sake in eie hande geneem. Op 20 September 2023 het sy ’n brief gestuur waarin sy dreig om die Primêre Skool Ndama-Oos te sluit. Dié stap het die samewerkende proses omseil waarvoor die president se kantoor gevra het.”
SLUITING
Ndumba het verduidelik hoe die situasie vanjaar geëskaleer het.
“Op 20 Februarie het die skoolbestuur ’n dringende besoek van [Shilima] en Rundu se kring-inspekteur, Julia Kangungu, ontvang, wat ’n skokkende opdrag gegee het dat [die skool] onmiddellik moet sluit en leerlinge na [die Primêre Skool Ndama-Suid] oorgeplaas moet word.”
“Die erns van hierdie besluit kan nie oorskat word nie. Ouers is nie net met regstappe gedreig nie, maar ook ingelig dat indien die onderwyskantoor in die hof seëvier, daar van hulle vereis sal word om N$50 000 te betaal. So ’n finansiële las op ouers is gewetenloos.
In reaksie hierop het ouers moedig hul man gestaan. Hulle weier om voor dreigemente te swig en is verbind tot die welstand en onderrig van hul kinders. Ons prys hul veerkragtigheid en onwrikbare toewyding tot geregtigheid,” het hy bygevoeg.
KWALIFISEER NIE
In reaksie oor hoekom sy die opdrag uitgereik het om die Primêre Skool Ndama-Oos te sluit, het Shilima gesê: “Die skool kwalifiseer nie eens om geregistreer te word nie. Ek weet nie of die dorpsraad ’n opname van die grond – waar hulle die skool bedryf – uitgevoer het nie. Ook, vir ’n mens om te sê dat ’n skool besig is om geregistreer te word, behoort daar ’n permanente struktuur te wees. Dit is net die regering wat ’n skool onder ’n boom kan begin. ’n Gewone mens kan nie ’n skool onder ’n boom registreer nie.
“Toe ek by die kantoor gekom het, is daar reeds besluit om ’n nuwe skool te bou waar [Ndama-Oos] tans is. Ons het die verwarring met die bestuur uitgeklaar en erken dat ek die verwarring geërf het en dat die konstruksie reeds op ’n ander erf begin het. Ons het dit duidelik gemaak daar sal bykomende uitgawes wees as ons die bouwerk by die perseel staak om konstruksie by die bestaande perseel te begin,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg: “Ons het by hulle gepleit dat dit nie so ver is nie, dit is net 900 meter. Die direktoraat het ’n onafhanklike besluit geneem om die nuwe skool in 'n nuwe gebied te bou omdat daar te veel ongeregistreerde skole is. Die direktoraat wou nie die idee aanmoedig dat alle ongeregistreerde skole in staatskole omskep kan word nie.”
Shilima het bygevoeg dat die konstruksie nie geskuif kon word nie aangesien dit ekstra kostes sou meebring.
“Tydens die konstruksie van die skool het ons selfs na die minister van onderwys uitgereik om uit te vind of ons die konstruksie na die huidige perseel kan skuif, maar die finale besluit is deur die minister geneem dat ons nie fondse kan mors nie en dat ons moet voortgaan om te bou waar ons reeds besig was,” het sy gesê.
TENTE
Ndumba het Shilima daarvan beskuldig dat sy weier om tente te oorhandig wat die ministerie van onderwys aan die skool geskenk het.
“Dit het onder ons aandag gekom dat die ministerie van onderwys tente geskenk het, tot voordeel van die leerlinge. In plaas daarvan om dit aan behoeftiges te versprei, het Shilima gekies om dit te stoor. Hierdie besluit is onverklaarbaar en onaanvaarbaar. Ons eis dat hierdie tente onmiddellik aan die beoogde leerlinge toegeken word, wat ’n veilige en bevordelike leeromgewing verdien,” het hy gesê.
Shilima het die bewerings ontken en gesê: “Ek weet niks van tente wat aan die Primêre Skool Nduma-Oos geskenk is nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie