Leerlinge rand koshuisvader aan
Wend hom tot arbeidshof
Die leerlinge het die 39-jarige mnr. Raphael Shapwa se kamervensters met klippe stukkend gegooi.
Die man wat verlede jaar deur 16 graad 11-leerlinge van die St. Boniface College met besems en klippe toegetakel is, het hom tot die arbeidshof gewend, nadat hy intussen sy werk verloor het.
Die leerlinge het die 39-jarige koshuisvader se kamervensters ook met klippe stukkend gegooi.
Mnr. Raphael Shapwa wat intussen sy werk verloor het, is tans deur die arbeidskantoor op Rundu in ’n regsgeding met die skool betrokke, omdat hy sê hy is onregmatig weens die bakleiery met die leerlinge ontslaan.
Shapwa wat aan die hoof gestaan het van die senior seunskoshuis van die skool, sê die voorval het op 10 November verlede jaar omstreeks 23:00 plaasgevind. Hy sê sy aandag is getrek deur harde musiek wat in die seunskoshuis gespeel is. Volgens hom het die musiek uit die kamer van die betrokke leerlinge gekom wat glo die ingang van die koshuis gesluit en die hoofskakelaar afgeskakel het, voordat hy aangeval is.
“Hulle het die hoofskakelaar afgesit en my aangeval. Ek het nie geweet waar ek was nie. Al wat ek kon voel, was die houe, besemstokke en klippe. Al wat ek kon doen, was om weg te hardloop. Hulle het my egter agterna gesit en my in my kamer met klippe gegooi,” het hy gesê.
Die polisie is na die toneel ontbied, maar ni van die leerlinge is in hegtenis geneem nie. Die leerlinge is uit die koshuis ontruim en het net skool bygewoon wanneer hulle eksamen moes skryf.
St. Boniface College se bestuur het ná die voorval besluit om “in die beste belang van die skool” Shapwa se dienste te beëindig.
Shapwa en nog ’n personeellid wat laat gaan is, mnr. Petrus Munango, het hulle tot die arbeidskantoor gewend in ’n poging om hul werk terug te kry.
Die twee sê sedert die voorval was leerlinge disrespekvol teenoor personeel.
“Die dissipline by die skool het verskriklik sedert die insident afgeneem. Die leerlinge het gedoen wat hulle wil en die bestuur het niks daaromtrent gedoen nie, omdat die leerlinge weer sal betoog en hulle wil dit nie hê nie,” het Shapwa gesê.
Volgens hom het hy ook verlede jaar vier selfone van leerlinge afgevat, ten spyte van die skool wat ’n beleid het dat geen selfone toegelaat word nie.
St. Boniface se hoof, me. Roseline Sebastian, het by navraag gesê sy gaan nie kommentaar oor die arbeidskwessie lewer nie, omdat dit deur hul regsadviseur hanteer word.
Met verwysing na die aanval op Shapwa het Sebastian gesê die bakleiery was ’n uitvloeisel van Shapwa wat vroeër die dag een van die leerlinge beledig het.
Volgens haar het Shapwa in sy verslag oor die voorval aangedui hy het ’n leerling die oggend van die voorval beledig nadat hy by die kosry ingedruk, brood van die skinkbord gevat het en geweier het om dit terug te sit.
Sebastian sê die bestuur van die skool het met Shapwa gepraat oor die beëindiging van sy kontrak en dat dit in die beste belang van die skool is.
“Wat sal die ouers sê as ons hom weer by die skool toelaat en dit gebeur weer? Ons het ooreengekom om hom uit te betaal en ’n goeie verwysing te gee,” het sy gesê.
Volgens haar het die skool nou ’n nuwe pos vir ’n koshuissuperintendent geskep wat intussen gevul is.
Sy het erken die vlak van dissipline het drasties by die skool sedert die voorval versleg, maar “alles gaan nou goed”.
“Ons het ons skoolreëls verander om kwessies beslissend te hanteer. Dit gaan goed en die leerlinge is in ’n goeie luim,” het sy gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie