Meer as 13 miljoen boekies reeds afgelewer
Stewige grondslag vir die toekoms
Die trust gaan vanjaar 360 000 opvoedkundige boekies aan skoolleerlinge lewer.
Die African Child Development Trust (ACDT) is in 2020 in die lewe geroep.
Die trust het ten doel om skole oraloor Namibië te identifiseer en te help om toegang tot belangrike onderrigmateriaal en hulpbronne te verkry sodat leerlinge in hierdie belangrike fase van hul lewens ’n stewige basis vir hul toekoms kan bou.
Met die ondersteuning van die Capricorn Foundation, het ACDT sedert sy ontstaan ongeveer 13,5 miljoen boekies met opvoedkundige materiaal afgelewer.
Die trust gaan vanjaar 360 000 boeke aan skoolleerlinge lewer. Dit behels die verspreiding van 60 000 boeke per maand – 30 000 aan preprimêre skole, 10 000 vir graad 1, 10 000 vir graad 2 en dan 10 000 vir graad 3.
Die boeke word in nege verskillende Namibiese tale gedruk. Volgens die ACDT se projekkoördineerder, Sharnay Botha, is die doel om ’n stewige grondslag vir die leerlinge te lê.
“Dis maklik om in universiteitstudente te belê, want die resultate is binne drie jaar sigbaar. Vir hierdie projek gaan ons vir ten minste 12 jaar nie die resultate sien nie.
“Om in hierdie jong kinders te belê sal meer doeltreffend wees omdat hulle later in hul lewe nie veel hulp nodig sal hê nie, danksy die stewige fondament wat ons nou lê,” het Botha gesê.
ACDT en Marlize Horn van die Capricorn Foundation het verlede week die Preprimêre Skool Love your Neighbor besoek om die boekies te oorhandig.
Volgens Horn is die stigting en ACDT saam met ander bydraers “eendersdenkende organisasies” wat trots is om hierdie ongelooflike inisiatief te ondersteun. Ons wil seker maak dat elke kind in Namibië toegang tot gehalte- opvoedkundige materiaal het,” het Horn gesê.
ACDT en die maatskappye wat hulle ondersteun werk saam om die boeke by Print Media Hub, ’n filiaal van Network Media Hub, te laat druk om die leerlinge asook onderwysers te help. Inligting is ook aanlyn beskikbaar om die onderwysers met hul onderrig te help.
Trudy Swartz, ’n onderwyser by die Love your Neighbour-skool het haar dankbaarheid uitgespreek vir die hulpbronne en die hulp en ondersteuning wat hulle ontvang.
“Ons is op ’n plek waar ons nie in staat is om hierdie hulpbronne te kan hê nie, maar julle maak tyd, julle maak hierdie boeke vir ons. Ons is baie bly,” het sy gesê, voordat sy voortgegaan het om die kinders kleuterrympies te leer.
Botha sê een van die moeilike aspekte om hulpbronne aan skole te verskaf, is die feit dat almal nie altyd sigbaar en bekend is nie.
“Die enigste manier om sommige van hierdie skole te vind, is om per voet in die gemeenskappe rond te beweeg.”
Botha het beklemtoon dat die projek ’n belangrike belegging vir die toekoms is en het haar dankbaarheid teenoor die Capricorn Foundation uitgespreek vir hul ondersteuning en bydraes oor die afgelope drie jaar.
Sy het ook die hoop uitgespreek dat die positiewe verhouding sal voortgaan om leerlinge te help wat dit die nodigste het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie