Meer as 600 leerlinge in tente onderrig
Geen plek in skole
Nadat meer as 600 leerlinge twee weke se skooldae misgeloop het weens die gebrek aan plek in skole in Rundu, het hulle gister by die Rundu Projek Sekondêre Skool plek verseker waar onderrig in tente plaasvind.
Ons susterkoerant Namibian Sun het verlede week berig hoe honderde leerlinge saam met hul ouers desperaat by die ministerie van onderwys se distrikskantoor op Rundu bymekaargekom het en op plasings aangedring het, aangesien hulle van skole weggewys is weens ’n gebrek aan spasie.
Intussen is 15 tente as tydelike oplossing by die Rundu Trade Fair Centre opgerig. Dié skool staan nou bekend as die Rundu Projek Sekondêre Skool en bied graad 8 tot 10 aan. Dit huisves tans meer as 600 leerlinge en 14 onderwysers.
PLEK VIR NOG
Volgens die skool se hoof, Conrad Nyangana Hamunyera, het kinders Maandag by die skool begin inskryf en dié proses duur nog voort aangesien die skool vir ongeveer 1 000 leerlinge voorsiening maak.
Hamunyera sê die skool het toegang tot die basiese dienste soos water, elektrisiteit en toilette. Wat die tente betref waarin die leerders onderrig word, is die skoolbanke voldoende, maar nie die stoele nie. Sommige van die leerlinge sit tans op skoolbanke, maar Hamunyera sê die streeksraad het belowe om meer stoele te voorsien.
“Dis nie die ideale omgewing vir onderrig om in plaas te vind nie, maar dis net tydelik en ons kon nie wag vir ’n behoorlike skool om gebou te word nie.”
Die streekraad vir Kavango-Oos het ’n tender vir die bou van die Rundu Projek Sekondêre Skool uitgesit.
Rundu beleef ’n uitdaging met oorvol klaskamers by skole. Die Namibian Sun het in 2019 berig hoe 114 leerders in ’n stadium in een klaskamer by die Ndama Gekombineerde Skool onderrig is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie