'Moenie leerlinge wegwys'
Geen leerling moet onderwys geweier word weens ’n onvermoë om skooldrag te bekostig nie.
Só het die direkteur van onderwys in die Kavango-Oosstreek, Christine Shilima, gesê.
Sy het ook beklemtoon dat die instel van fooie tydens die registrasie van leerlinge verbied moet word en geen kind toegang tot graad 1 geweier moet word weens ’n gebrek aan preprimêre onderrig nie.
“Ons kan nie preprimêre bywoning eis as ’n vereiste vir graad 1-toelating nie. Om dit te doen, sal onregverdig en nadelig vir leerlinge se regte wees,” het sy gesê en benadruk dat onderwys ’n fundamentele reg is.
Shilima het verlede week tydens ’n vergadering met skoolhoofde beklemtoon hoe belangrik dit is om leerlinge se reg op onderwys te handhaaf en om billike administratiewe praktyke te verseker.
Sy het ook ander bekommernisse uitgelig soos dié van sommige ouers wat glo weggewys is deur ongeïdentifiseerde individue wat hulle as onderwysers voorgedoen het.
“Dis onaanvaarbaar,” het sy gesê.
Sy het die belangrikheid van waaksaamheid beklemtoon en skoolraadslede aangemoedig om te verseker dat geen leerling onregverdig uitgesluit word nie.
Sy het verder ’n beroep gedoen op die voorsitters van skoolrade om skoolhoofde tydens registrasie te ondersteun en sy het ook skoolraadslede aangemoedig om aktief by die registrasieproses betrokke te wees.
OUERS MOET BETROKKE WEES
Shilima het ook ’n beroep op ouers gedoen vir verhoogde betrokkenheid om vertroue en samewerking te bevorder.
Sy het praktyke gekritiseer waar besluite geneem word voordat ouervergaderings gehou word. Vergaderings bied volgens haar ’n geleentheid vir waardevolle insette.
“Vergaderings moet platforms vir ouers wees om insette te lewer en deel te neem aan die proses van besluitneming. Skoolrade moet openlik en deursigtig betrokke raak om vertroue en samewerking te bou,” het sy gesê.
Shilima het afgesluit deur alle belanghebbendes te versoek om saam te werk om leerlinge se regte te handhaaf en te verseker dat geen kind agtergelaat word nie.
“Skoolraadslede moet verseker dat alle administratiewe praktyke ooreenstem met die fundamentele beginsel van leerlinge se reg op onderwys,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie