’n Kwart van leerlinge in Oshana kwesbaar
Burgerlike ondersteuning gevra
Die direkteur van onderwys in die Oshanastreek sê meer as 15 000 leerlinge in dié streek is kwesbaar.
Enzo Amuele op Okapya – Die direkteur van onderwys in die Oshanastreek, Hileni Amukana, sê meer as 15 000 leerlinge in dié streek is kwesbaar en leef in armoede.
“Ons het ’n lys van leerlinge in die streek wat kwesbaar is. Hierdie leerlinge gaan soms nie skool toe nie, en die getal is meer as 15 000,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg dat sommige leerlinge noodgedwonge alleen of by hul grootouers woon en slegs van die grootouers se pensioentoelaag leef, wat dalk nie altyd genoeg is nie.
Amukana het die naweek tydens ’n skenking van skooldrag deur die David Namwandi Trust op Okapya gesê die streek het 58 000 leerlinge.
Sy het gesê sommige leerlinge gaan kaalvoet of met verslete uniforms skool toe en het ’n beroep op individue en belanghebbendes gedoen om onderwys te ondersteun om hierdie uitdagings hok te slaan.
Volgens Amukana het die regering ’n wet ingestel wat bepaal dat alle leerlinge skool in volle skooldrag moet bywoon.
“Ons kry leerlinge wat nie behoorlike skooldrag het nie, en sommige het nie skoolskoene nie,” het sy gesê.
In reaksie op hierdie syfers, het professor David Namwandi, die voormalige minister van onderwys en die stigter van die Internasionale Universiteit van Bestuursake (IUM), gesê dit is erg dat so veel leerlinge in die streek kwesbaar is.
“Dit is erg, ek kan nie verstaan hoekom ’n land wat rykdom het so sukkel nie,” het Namwandi gesê.
Namwandi het Namibiërs aangespoor om nie vir die regering te wag nie.
“Dit is onmoontlik vir die regering om hierdie taak alleen aan te pak,” het hy beklemtoon.
Namwandi het beloof om voortdurend kwesbare kinders en onderwys in die land te ondersteun.
“Ons gee elke jaar beurse aan 20 kwesbare studente wat goeie punte behaal het om hul studies op tersiêre vlak voort te sit,” het hy gesê.
Namwandi het gesê dit moet elke individu se ingesteldheid wees om armoede onder Namibiërs uit te roei.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie