’n Skool met uithouvermoë
Kern van Afrikaans in Erongo
Met 'n nederige begin van 17 leerlinge in 'n kerkgebou het die skool tot 630 leerlinge in 'n splinternuwe gebou gegroei.
Pro-Ed Akademie het hul deure in 1995 met net 17 studente geopen.
Die skool is eers in die AGS Philadelphia Kerk se gebou gehuisves wat nou bekend staan as die Villa Wiese.
Die gemeenskapspastoor van die AGS-gemeente, pastor Hennie Botes, het die skool begin.
Die skool het bekend gestaan as die Privaatskool Philadelphia wat destyds net 17 leerlinge vanaf graad 1 tot -10 gehuisves het. Die personeel het in daardie stadium uit vier onderwysers en die skoolhoof, Henriette van Wyk, bestaan.
In die begin het die skool 11 leerlinge van Swakopmund gehad, en ses leerlinge wat daagliks saam met twee onderwysers tussen Swakopmund en Hentiesbaai gependel het.
Dié reëling was nie volhoubaar nie en ná een termyn is die besluit geneem om ’n satellietskool op Hentiesbaai te open. Die skoolhoof het een keer per week na Hentiesbaai gereis. Die maandelikse bestuursvergaderings het in Swakopmund en op Hentiesbaai plaasgevind. Dié reëling het tot in Desember 1997 geduur.
Die satellietskool op Hentiesbaai het met Privaatskool Moria vergader en hulle het die Hentiesbaai Privaat Skool in 1998 gestig.
Die skool het in 2004 hul naam na Pro-Ed Akademie verander.
Pro-Ed Akademie is dié Christelike skool van keuse in Swakopmund, wat uit ’n primêre skool en ’n hoërskool bestaan. Leerlinge ontvang persoonlike aandag sowel as die versekering van goed gebalanseerde onderrig.
Vandag is Pro-Ed gevestig met 683 leerlinge en 73 onderwysers.
Christiaan Grobler, die skoolhoof van Pro-Ed Akademie, is sedert 2015 by die skool betrokke.
“Ons het in 2015 van Boababstraat in Ocean View geskuif,” het Grobler gesê.
Volgens Grobler is Pro-Ed die enigste skool wat onderrig in Afrikaans in die Erongostreek bied en dat hulle ’n groot verskeidenheid sportkodes aanbied, soos onder meer atletiek, rugby, netbal, hokkie, krieket sowel as boogskiet.
“Ons het so pas aan die Napso-atletiekbyeenkoms deelgeneem. ’n Groot krieket- en hokkiefees word ook eersdaags aangebied,” sê Grobler.
Maggie Grobbelaar, Elsabe Opperman en Marie Bartholomae is van die onderwysers wat al vir ’n langer tydperk by die skool betrokke is.
Boodskap van hoofmeisie, hoofseun
Wilhelm Vermeulen en Laeren Louw is 2022 se hoofmeisie en hoofseun.
Ons het hulle gevra wat maak hulle die trotste op die skool.
Louw het gesê die feit dat studente en onderwysers meer opgewonde is oor dié jaar as die vorige vier jaar.
“Ons kan nou aan skoolaktiwiteite deelneem want dit is nie meer beperk tot ’n sekere aantal mense nie. Daar heers groot opgewondenheid in die atmosfeer,” sê Louw.
Vermeulen wil die skoolgees in verskeie sportkodes verbeter. Louw het bygevoeg dat daar struikelblokke is.
“Dié ervaringe het my tot nou toe so baie inligting verskaf en ’n verskillende uitkyk gegee wat my in die toekoms gaan help,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie