N$111 mil stationery budget for learners.edited
N$111 mil stationery budget for learners.edited

N$111 m.-begroting vir skryfbehoeftes

Elizabeth Joseph,Kristien Kruger
Elizabeth Kheibes – Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het sowat N$111 miljoen bestee aan skryfbehoeftes vir leerlinge vir die 2024-’25-boekjaar en die geld is reeds aan al 14 streke versprei.

Die geld kan deur streekdirekteure gebruik word om skryfbehoeftes aan al die skole in hul streek te verskaf óf hulle kan die geld tussen die skole verdeel. Die streekdirekteure sal vereis word om ’n aanspreeklikheidsverslag by die ministerie in te dien.

Die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, het bevestig dat streekdirekteure ook kan besluit om die toelaes tussen skole in hul streek te verdeel op grond van die totale aantal leerlinge per skool.

“Die ministerie verdeel nie die fondse tussen die leerlinge as ’n eenheidskoste nie. Dit is nie soos om by Pep in te stap en skryfbehoeftes vir byvoorbeeld N$107 te koop nie,” het sy gesê.

Volgens die Vyftiende Skooldagverslag vir 2023 is 864 707 leerlinge oraloor Namibië aangeteken, asook 1 722 staats- en 280 privaat skole.

ONDERWYSERS ‘DOEN HUL BES’

Steenkamp sê onderwysers doen hul bes met die hulpbronne tot hulle beskikking. Dit ten spyte van bewerings dat onderwysers fotostate van handboeke gemaak het om die verdere aankoop daarvan te vermy.

“Daar is N$40 miljoen beskikbaar vir handboeke, so die geld is nie genoeg nie. Ons vul slegs die boeke aan wat tans in die stelsel is.

Ek kan jou een ding sê, administrasiekoste van kopiëring is uiters hoog en fotostaatpapier is duur, so ek is seker dat die onderwysers hul beste doen met die hulpbronne wat hulle het,” verseker Steenkamp.

‘LAFHARTIGE BENADERINGS’

Die sekretaris-generaal van die Onderwysersunie van Namibië (Nantu), Mahongora Kavihuha, het gesê onderwysers is geneig om bang te wees om die ministerie aanspreeklik te hou vir die verkryging en lewering van hulpbronne en daarom word “ouers en kinders geviktimiseer”.

“Onderwysers en skoolhoofde moet ook ophou met hul lafhartige benaderings om druk op ouers en leerders uit te oefen vir skryfbehoeftes, uit vrees vir hul werkgewer.”

“Ons weet dat sommige skole so laat as September 2023, steeds geen skryfbehoeftes gekry het nie en niemand is hiervoor verantwoordelik gehou nie.”

Hy het die minister van onderwys, kuns en kultuur, Anna Nghipondoka, se inisiatief geprys om ou skoolboeke wat nog leeg is aan leerlinge te verskaf om in daaropvolgende grade te gebruik.

“Dit sal dien as ’n goeie vorm van verwysing vir kinders wanneer hulle na die volgende graad gaan. Dit sal ook baie mense help om geld te bespaar en dit is voordelig vir die omgewing,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!