N$2 200 vir 'n skoolmatras
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het sy besluit verdedig vir ’n 'buitensporige' tender vir skoolbenodighede en wat insluit matrasse vir koshuise wat ’n gemiddeld van N$2 200 elk kos.
’n Skool in Kavango-Wes het ook stoele vir ’n gemiddeld van N$1 200 per stoel ontvang, terwyl die lessenaars N$1 500 vir een kos.
Die pryse wat aflewering insluit, het ’n openbare debat op sosiale media ontketen nadat die besonderhede van die tender deur die aktivis Job Amupanda geplaas is.
Die grootste kritiek was dat die pryse nie regverdig kan word nie. In ’n soortgelyke kwotasie van MJ Tanko, ’n vervaardiger in Rundu om die pryse te vergelyk, was die prys vir soortgelyke stoel N$450 en vir ’n lessenaar N$743, byna die helfte van die pryse wat die ministerie betaal het. ’n Lessenaar vir twee leerlinge kos N$1 080. MJ Tanko het nie vir die bogenoemde tender aansoek gedoen nie.
Dit is toegeken aan Point Media CC wat nou aandring op betaling van N$1 815 390 vir die verskaffing en aflewering van verskeie items vir die sekondêre skool Himarwa Iithete. Die tender het 90 stoele, 90 lessenaars, drie lessenaars vir onderwysers, 33 laboratoriumstelle vir wetenskap, 120 staal stapelbeddens en 240 matrasse ingesluit.
Die sekondêre skool Himarwa Iithete is in Kavango-Wes in die Mpungu-kiesafdeling geleë. Volgens die ministerie is die koste vir beide die verskaffing en aflewering van die items, met laasgenoemde wat die pryse opgestoot het. Die ministerie het in reaksie op die tenderproses gesê vyf maatskappye het belangstelling in die tender getoon. Dit sluit in Point Media, Rucara Islands Investments, Katondo Trading Enterprises, Forest Hill Investment en Zegamena Investment.
Forest Hill en Zegamena het egter nie tenderdokumente ingedien nie.
Rucara Islands se bod van N$1,6 miljoen was die laagste, maar hulle het egter nie ’n kwotasie vir al die items ingedien nie.
Katondo se dokumente was onvolledig en het onder meer nie ’n sertifikaat van die maatskaplike voorsorgfonds (SSC) ingesluit nie en is nie aanvaar nie.
Die tender is gevolglik aan Point Media toegeken wat al die verpligte dokumente ingedien het. Die ministerie het beklemtoon alle verwante regsprosesse is in lyn met die wet vir openbare verkryging in die toekenning van die tender gevolg. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie