Namibië se toppresteerders

Iréne-Mari van der Walt
George Adamson (WAP)

Ek gaan megatroniese ingenieurswese aan die Noordwes-universiteit (NWU) in Potchefstroom studeer. Ek hou baie van ingenieurswese en ek sien ’n goeie toekoms vir die beroep. Die feit dat baie besighede en beroepe nou na daardie rigting oorskakel, sal daar waarskynlik ’n hoë aanvraag wees.

Jacob Mostert (Keetmanshoop Privaatskool)

Ek studeer volgende jaar ingenieurswese op Stellenbosch. Die idee om ingenieurswese te studeer het by my pa begin. Ek het oorspronklik na IT gekyk, want ek geniet programmering. My pa het my ook vertel van ’n ingenieur by sy werk wat raad vir die IT-departement gee wanneer hulle vashaak.

Gerhard Koen (Keetmanshoop Privaatskool)

Ek het plek by Stellenbosch gekry om chemiese ingenieurswese te studeer. Ingenieurswese gaan daaroor om probleme op te los en dinge reg te maak en te verbeter. Ek geniet dit baie.

Anja Spangenberg (Privaatskool Elnatan)

Met die toenemende bedrog wêreldwyd sien ek ’n geleentheid om my liefde vir syfers aan te wend om vir mense wat onregverdig behandel word, ’n stem te gee. Daarom gaan ek in 2023 BCom Forensiese Rekeningkunde aan die Noordwes-universiteit (NWU) studeer.

Juan Botha (WAP)

Ek sal waarskynlik die eerste paar maande van volgende jaar by my pa werk, dan sal ek hopelik in Amerika gaan studeer. Ek kyk tans na Harvard of MIT (Massachusetts Instituut van Tegonologie) om theoretiese fisika te gaan studeer.

Anrie Booysen (WAP)

Ek gaan volgende jaar met my BRek-graad by Stellenbosch begin. Ek geniet dit om met syfers te werk en sien myself in ’n kantoor. Ek geniet rekenaars, so ek dink ek sal die kombinasie van sagteware en syfers geniet.

Marion Botma (Privaatskool Elnatan)

Ek gaan volgende jaar NWU toe om Forensiese Ouditeurswese en CA te studeer. Ek hou van uitdagings en met forensiese ouditeurswese sal daar altyd vir my nuwe probleme wees om op te los.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!