REPRESENTATION: The bulk of the teachers may find themselves without union representation if the Namibia National Teachers Union fails to submit their annual returns to the Office of the Labour Commissioner.
REPRESENTATION: The bulk of the teachers may find themselves without union representation if the Namibia National Teachers Union fails to submit their annual returns to the Office of the Labour Commissioner.

Nantu vir nou nog veilig

Dokumente steeds uitstaande
As die onderwysersunie nie sy sake in orde kry nie, kan hy deregistrasie in die gesig staar.
Iréne-Mari van der Walt
Ogone Tlhage – Onderwysers in diens van staatskole landswyd kan hulself sonder enige vakbondverteenwoordiging bevind, weens herhaaldelike versoeke van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping aan die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu) om sy uitstaande jaarlikse opgawes in te dien om bestudeer te word.

Republikein se susterkoerant Namibian Sun het verneem dat die vakbond laaste pogings aanwend om deregistrasie te vermy te midde van ’n sperdatum van 23 Februarie 2024 om die dokumente in te dien.

Vakbondlede is glo bekommerd dat die ministerie sal voortgaan met Nantu te deregistrasie.

“Die arbeidskommissaris sou Nantu die afgelope Vrydag [23 Februarie 2024) deregistreer weens sy voortdurende versuim om sy jaarlikse opgawes in te dien, soos deur die wet voorgeskryf word. Die vakbond staar al lankal deregistrasie in die gesig, maar het uitstel gevra en is toe tot Vrydag kans gegee,” het ’n amptenaar wat by die saak betrokke is gesê.

Nantu se sekretaris-generaal, Loide Shaanika, het gesê sy dra geen kennis van die dreigende deregistrasie nie.

“Dit is nuus vir my,” het sy gesê toe sy vir kommentaar genader is.

Die ministerie van arbeid het in ’n e-pos bevestig dat hy finansiële state van die vakbond aangevra het, maar nog geen dokumente ontvang het nie.

“Die kantoor van die arbeidskommissaris het nie Nantu of enige ander vakbond of werkgewersorganisasie gederegistreer nie. Natuurlik het die arbeidskommissaris ’n beroep op geregistreerde vakbonde en werkgewersorganisasies gedoen om hul jaarlikse opgawes in te dien en dat die versuim om dit te doen tot toepaslike stappe teen wanbetalende entiteite kan lei, waarvan deregistrasie een is,” het die ministerie se woordvoerder, Maria Hedimbi, gesê.

Volgens haar is die arbeidskommissaris steeds besig om die jaarlikse opgawes wat reeds ingedien is, te ontleed.

Nantu verteenwoordig die meerderheid van die onderwysers wat by staatskole in diens is, en was na raming 30 995 in 2021.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!