Net 70 plekke vir 1 800 aansoeke
Henriette Lamprecht – Toppresteerders uit elke streek kry voorkeur uit die tot 1 800 aansoeke wat jaarliks ontvang word vir net 70 beskikbare plekke om as student by die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool (SOM) in te skryf.
Inligting soos verskaf op aansoekvorms wys 41 (58,6%) van vanjaar se 70 suksesvolle aansoekers is Oshiwambo, inligting wat self deur elke aansoeker verklaar is en nie deur die universiteit geverifieer is nie.
SOM het vir die huidige akademiese jaar 1 428 aansoeke vir die MBChB-program ontvang.
Om aan die minimum vereistes van 35 punte in vyf spesifieke vakke en grade op die Unam-evalueringskaal vir toelating te voldoen, beteken nie noodwendig toelating tot die kursus nie.
Volgens Unam se woordvoerder, Simon Namesho, word net kandidate wie se eerste keuses ’n graad in medisyne of ’n graad in chirurgie is, weens die strawwe mededinging vir toelating oorweeg.
Namesho verduidelik die jaarlikse inname van 70 studente in die MBChB-program is beperk deur die hoeveelheid plekke beskikbaar in hospitale vir die studente.
Dié getal is deur die Raad vir Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) bepaal, om volgens hom gehalte-opleiding te verseker.
“Die 70 plekke word gedeel tussen Namibiese houers van die Nasionale Senior Sertifikaat Gevorderde Vlak (NSSCAS), internasionale studente, houers van ’n BA-graad in wetenskap en gemarginaliseerde studente,” het Namesho verduidelik.
Volgens hom word ’n kwota aan elk van die 14 streke toegeken gebaseer op die streekbevolking en op die jongste sensusdata. ’n Streekkwota word soos volg bereken: (streekbevolking/land se bevolking x goedgekeurde plekke vir graad 12’s (uitgesluit internasionale, BSc- of gemarginaliseerde studente) = kwota per streek.
“Wiskundig kry die streke met die hoë bevolkings hoër kwotatoekennings.”
In elke streek word die top- kwalifiserende presteerders akademies gelys en gekies. Sou ’n streekkwota nie met kwalifiserende aansoekers gevul word nie, word die ongevulde plekke teruggeplaas in die poel en gevul deur die volgende beste kandidaat.
Gebaseer op streekbevolking is 59% van vanjaar se 70 toegelate studente uit Kavango-Oos, Khomas, Omusati en Oshikoto. Laer verteenwoordiging wat wissel van 6% tot 1% kom uit Ohangwena, Oshana, Erongo, Otjozondjupa, Kavango-Wes, Zambezi, Kunene, Hardap, ||Kharas en Omaheke.
Deel van vanjaar se 70 studente is ses internasionale studente en drie houers van ’n BSc-graad. Tot dusver het SOM wat in 2010 geopen het, 400 mediese dokters en vier spesialis-narkotiseurs opgelewer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie