NSFAF gee ’n jaar grasie
Tydperk strek vanaf vandag tot 30 Junie 2023
Die waarnemende uitvoerende hoof van NSFAF het begunstigdes aangemoedig om die geleentheid te gebruik om hul lenings terug te betaal en 'n gelyke geleentheid vir mede-Namibiërs te skep.
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het aangekondig hy sal vanaf vandag tot 30 Junie 2023 ’n jaarlange grasieperiode toestaan waartydens begunstigdes toegelaat sal word om hul primêre leningsbedrae terug te betaal terwyl hulle hul nie oor rente hoef te bekommer nie.
Die fonds het dié aankondiging gister gemaak en benadruk hoe belangrik dit is om lenings terug te betaal.
Mnr. Kennedy Kandume, waarnemende uitvoerende hoof van NSFAF, het gesê die regering is deeglik bewus daarvan dat die meeste begunstigdes sukkel om hul lenings terug te betaal.
“Om verligting te bring, het die president hierdie idee aangekondig. Die modaliteite wat deur die staatshoof genoem is, sluit in dat die rente op alle skuld vanaf Vrydag [vandag] nie meer verpligtend is nie,” het hy gesê.
Kandume het begunstigdes ingelig sodra hul skuld – gelykstaande aan die hoofbedrag wat geleen is – binne die grasietydperk betaal is, sal dit as ten volle betaal beskou word.
SKOON BLADSY
Die publiek is versoek om hierdie geleentheid met ope arms aan te gryp.
Fondsamptenare het benadruk vanaf volgende jaar, aan die einde van die amnestietydperk, sal nuwe rente begin ophoop.
Vorige rente op die lenings sal afgeskryf word sodat begunstigdes op ‘n skoon bladsy kan begin.
Die totale bedrag wat aan NSFAF verskuldig is, staan tans op N$7,8 miljard.
Kandume het begunstigdes aangemoedig om die geleentheid te gebruik om hul lenings terug te betaal en ‘n gelyke geleentheid vir mede-Namibiërs te skep.
Die publiek kan die fonds by [email protected] kontak vir verdere inligting.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie