NSFAF nou meer inklusief, toeganklik
Bied ondersteuning aan alle geskikte Namibiërs
Die inisiatief is 'n spelveranderende stap om onderrig meer toeganklik en bekostigbaar vir almal te maak.
Wysigings is aan die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) aangebring om te verseker dat geen Namibiese student tweens finansiële beperkings toegang tot tersiêre onderrig geweier word nie.
Die adjunkminister van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing, Nathalia /Goagoses, het dié aankondiging tydens die amptelike bekendstelling van vanjaar se aanlyn aansoekproses gemaak.
“As ’n verantwoordelike regering sê ons geen kind in hierdie land moet weens finansiële beperkings op die strate ronddwaal nie,” het sy gesê.
Die nuwe inklusiewe multi-opsionele studenteleningstelsel (IM-OSLS) verteenwoordig volgens haar ’n verskuiwing in studentefinansiering deur die opsies vir finansiële hulp uit te brei en toetse op grond van inkomste uit te skakel.
Dit beweeg gevolglik weg van die pro-arm leningskema, met die IM-OSLS wat verseker finansiële ondersteuning is toeganklik vir alle geskikte Namibiërs.
Die uitgebreide leningstelsel sluit finansiering in vir die erkenning van vorige onderrig (RPL), ondersteuning vir studente wat ingeskryf is in oorbruggings- of gereedheidsprogramme, diegene wat ’n jaar herhaal, sertifikate op NQF-vlak 5, studente wat na diplomas en BA-grade beweeg, sowel as beroepsgerigte opleidingsprogramme.
Die beleid het ten doel om sodoende ’n meer inklusiewe en toeganklike raamwerk vir die finansiering van hoër onderrig te skep.
“Die inisiatief is ’n spelveranderende stap om onderrig meer toeganklik en bekostigbaar vir almal te maak,” het /Goagoses gesê.
Sy het die belangrikheid van inklusiwiteit beklemtoon en gesê “selfs daardie studente wat by tersiêre instellings inskryf vir die oorbruggings- en gereedheidsprogramme moet gehelp word”.
Die aansoekproses vir NSFAF is ontwerp om gebruikersvriendelik, deursigtig en toeganklik vir alle studente te wees.
/Goagoses het ook ’n beroep op studente gedoen om van die geleentheid gebruik te maak en het die belangrikheid beklemtoon van die rol van onderrig om die land se toekoms te vorm.
“Die toekoms is in julle hande. Met harde werk, toewyding en die ondersteuning wat ons vandag bied, het ek geen twyfel dat julle groot hoogtes sal bereik en waardevolle bydraes tot die samelewing sal maak nie,” het sy gesê.
Sy het verder bekemtoon dat “geskiktheid nie in die toekoms op inkomste of ’n drempel gebaseer moet word nie.
“Hierdie beleidshervorming verteenwoordig ‘n belangrike stap in die regering se breër agenda om toegang tot hoër onderrig en studentefinansiering te verbeter.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie