NSFAF se beleid 'sluit studente uit'
NASA eis gelyke ondersteuning vir almal
Die vereniging het verlede maand 'n hervormingsinisiatief van stapel gestuur, wat daartoe sal lei dat dit studente en studenteleiers oor NSFAF se beleid sal raadpleeg.
Die president van die Nasionale Vereniging vir Afrika-studente (NASA), Paulus Vihemba, het die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) se beleid gekritiseer en gesê sy diskriminerende kriteria en regulasies sluit doelbewus talle verdienstelike studente uit.
Hy het dié opmerkings verlede Vrydag gemaak by ’n hervormingskonferensie op Rundu wat daarop gemik is om studente en studenteleiers te raadpleeg oor NSFAF se finansieringsmodel.
“Ons glo sterk dat die huidige NSFAF-beleide, naamlik die prosedures vir finansiële hulp vir studente en die skuldinvorderingsbeleid van 2021, teenstrydig is met die Wet [op finansiële hulpfondse vir studente],” het hy gesê.
“Dit is die verpligting van die regering, NSFAF en die parlement van Namibië om genoeg geld vir alle kwalifiserende studente [beskikbaar] te maak. Dit is waarom die vereniging op 2 Mei die NSFAF-hervormingsinisiatief van stapel gestuur het.
“Ons sal studente en studenteleiers in Julie raadpleeg en daarna ’n dokument saamstel wat as grondslag vir onderhandelinge met die ministerie van hoër onderwys en NSFAF sal dien.”
TOEGANG TOT GELD
Vihemba het gesê die inisiatief poog om toegang tot finansiële ondersteuning te takel.
“Tans word nie-klasgelde slegs aan studente betaal wat by die Universiteit van Namibië [Unam], die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie [Nust] en die Internasionale Universiteit van Bestuur [IUM] geregistreer is.
“Studente van ander goedgekeurde instansies [ontvang] slegs klasgeld. Hierdie inisiatief bepleit die onoordeelkundige toekenning van nie-klasgelde aan alle studente,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg die vereniging wil hê dat NSFAF ouers se inkomstekriteria moet wysig.
“NSFAF finansier nie studente wie se ouers se gesamentlike bruto inkomste meer as N$500 000 is nie en ouers sit met die finansiële las m vir beide klas- en nie-klasgelde voorsiening te maak.
“As gevolg van die hoë lewenskoste kan talle ouers nie bekostig om vir hul kinders se onderrig te betaal nie.”
GELYKE ONDERSTEUNING
Die voorsitter van die studenteraad vir Triumphant College, Frans Katombera, het gesê NSFAF se hoofdoel is om finansiële bystand te verleen aan studente wat dit nie kan bekostig nie.
“Wat is egter die punt daarvan om nie-klasgelde te verskaf as dit nie regverdig verdeel word nie? Ons glo dat elke student gelyke ondersteuning verdien, ongeag hul instelling.
“Ons vra nie vir spesiale behandeling of voorregte nie. Ons eis bloot dat NSFAF sy mandaat nakom en alle studente gelyk behandel,” het hy gesê.
Maria Mulyata, die sekretaris-generaal van NASA, het bygevoeg dat die meerderheid studente afhanklik is van nie-klasgelde vir dag-tot-dag-uitgawes.
“Om geld te weerhou of lank te neem om fondse vry te stel, dwing sommige studente, veral meisies, om deel te neem aan onsedelike aktiwiteite soos prostitusie, terwyl die seuns geneig is om by misdaad betrokke te raak om hul huur te kan betaal.
“Ons moet die waardes van integriteit handhaaf en verseker dat alle studente gelyke toegang tot finansieringsgeleenthede het,” het sy beklemtoon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie