Die uitvoerende hoof van die  Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), Kennedy Kandume, meen die trae toekenning van studenteleunings en -beurse deur hierdie instansie is ietwat buite sy beheer. Foto Iréne-Mari van der Walt
Die uitvoerende hoof van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), Kennedy Kandume, meen die trae toekenning van studenteleunings en -beurse deur hierdie instansie is ietwat buite sy beheer. Foto Iréne-Mari van der Walt

NSFAF sukkel met tydige uitbetalings

“Probleem kom elke jaar voor’
Ten spyte van die feit dat NSFAF vanjaar onderneem het om hul lenings en beurse vroeër toe te ken, is verskeie studente gister toegang tot eksamenlokale geweier.
Iréne-Mari van der Walt
Talle studente moes noodgedwonge hul eksamens kanselleer of uitstel nadat die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) nie betyds die kortlys van gekeurde studente vir die eksamen vrygestel het nie.

Talle studente is as gevolg hiervan by eksamenlokale weggewys.

Die uitvoerende hoof van NSFAF, mnr. Kennedy Kandume, sê die saak is meer ingewikkeld as wat dit voorkom.

“Verskeie faktore het die proses vertraag. Eerstens het die feit dat menigte aansoeke onvoltooid was baie tyd gekos. Ons moes diegene wat onvolledige aansoeke ingedien het die kans gun om aansoek te doen, anders het ons ook ’n probleem,” sê hy.

Hy voer aan die studenteorganisasie wat ’n protes teen NSFAF en die ministerie van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing gereël het, is die einste organisasie wat vir die uitstel van NSFAF se aansoeksperdatum gevra het.

Kandume sê die toekenning van NSFAF-lenings en -beurse is in die parlement se hande.

“Die regering finansier ons en ons kan dus eers wanneer die parlement ons begroting goedkeur en hierdie begroting aan ons beskikbaar stel, begin om geld aan student uit te betaal; die uitbetalingsproses duur ’n week of twee,” sê hy.

Die Studente-unie van Namibië (SUN) het onderneem om gisteroggend ’n protesoptrede in die hoofstad te begin, maar enkele minute voor dié optrede sou begin, het NSFAF die kortlys uitgereik.

Mnr. Benhard Kavau, SUN se president, het aan Republikein bevestig dat die studente daarna in die eksamenlokale toegelaat is.

Kavau het gesê hierdie is ’n kwessie wat studente elke jaar met hul hande in hul hare laat sit.

“Hierdie probleem steek elke jaar sy kop uit. As daar onbekwame werknemers by NSFAF is, is dit nodig dat ons herstruktureer,” sê Kavau.

Beide Kandume en die adjunk- uitvoerende direkteur van hoër onderwys, dr. Raimo Naanda, glo daar is maniere om hierdie kwessie op te los, maar beide glo dié oplossings is uit hul hande.

“Ons gaan die proses om die begroting toe te ken, moet bespoedig om die lys vroeër bekend te kan stel,” sê Naanda.

“As ’n instansie sal ons meer publieke opvoeding moet doen oor ons aansoekproses om te sorg dat minder tyd verlore gaan as gevolg van onvolledige aansoeke,” sê Kandume. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!