Dr. Itah Kandjii-Murangi, Minister of higher education at NSFAF Award launch.
Dr. Itah Kandjii-Murangi, Minister of higher education at NSFAF Award launch.

NSFAF verhoog studente se finansiële hulp met 50%

‘Studente moet dieselfde behandel word’
Die ministerie van finansies en staatsondernemings het fondse vanaf N$1,6 miljard tot N$2,5 miljard verhoog.
Hinauare Kijatua
Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het vandeesweek ’n 50%-verhoging in finansiële studentetoelaes vir die 2024 akademiese jaar aangekondig.

Die regering het die NSFAF se fondse vanaf N$1,6 miljard tot N$2,5 miljard verhoog.

Die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, het in samewerking met die NSFAF se waarnemende uitvoerende hoof, Kennedy Kandume, op die verhoging besluit in ’n poging om hul verbintenis tot die bemagtiging van Namibiese studente te versterk.

Die aankondiging is Woensdag by die NSFAF se hoofkantoor in Windhoek gemaak en studenteverteenwoordigers, ouers en tersiêre studente het die geleentheid bygewoon.

“Saam met my eweknie by die ministerie van finansies en staatsondernemings, minister Iipumbu Shiimi, het ons die afgelope jaar onvermoeid gewerk om te verseker dat ons die nodige hulpbronne insamel om die finansieringsgaping te oorbrug,” het Kandjii-Murangi tydens die aankondiging gesê.

Die besluit om geldelike bystand vir tersiêre studente te verhoog, is gedryf deur ’n gebrek aan hulpbronne, wat die regering se vermoë beïnvloed het om aan die groeiende eise van die jeugbevolking te voldoen. Dit nadat nuwe innames van 10 600 in 2013 tot 23 785 in 2024 gestyg het.

ONTVANG OOK NIE-KLASGELDE

Sy het ook aangekondig dat die regering vanaf vanjaar hulp aan studente sal verleen wat verder as net onderrig strek. Dit sluit kwalifiserende studente van hoëronderwysinstellings sowel as beroepsopleidingsentrums in.

Volgens Kandjii-Murangi sal alle nuwe sowel as huidige studente N$10 000 ontvang buiten vir klasgelde.

Sy het dit as ’n beginpunt in die gelyke behandeling van studente in alle instellings gemerk en sy het verseker dat hierdie getal in die komende jare tot N$17 000 sal styg.

“Alle studente by hoëronderwysinstellings en opleidingsentrums moet dieselfde behandel word, ongeag waar hulle studeer.”

Kandume het daarop gewys dat NSFAF aansienlik gegroei het in finansiering en beklemtoon dat die fonds oor die afgelope dekade sowat 176 310 studente ondersteun het. Dit weerspieël ’n belegging ter waarde van sowat N$17,5 miljard in tersiêre finansiering.

Die ministerie en NSFAF het kwalifiserende studente versoek om die registrasie vir studentebystand te prioritiseer, kontrakte te teken binne 60 dae vanaf die datum waarop hulle bevestiging ontvang en bankkaarte by verskeie Bank Windhoek-takke af te haal.

Kandume het die fonds se verbintenis tot studentegroei beklemtoon en alle begunstigdes verseker dat die fonds hard werk om seker te maak dat sy mandaat nagekom word in ooreenstemming met die land se ontwikkelingsdoelwitte vir menslike hulpbronne.

Die president van die studenteraad van die Internasionale Universiteit van Bestuursake (IUM), Loide Nghuulondo, het gesê sy was nie by die geleentheid om klagtes in te dien nie, maar eerder om die fonds en die ministerie te bedank vir hul volgehoue toewyding om keer op keer aan studente se navrae aandag te gee.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!