Nust beoog nuwe puntestelsel
Hoë druipsyfer onder die loep
'n Amptenaar van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het gesê die raad is nie beïndruk met die beoogde veranderinge om die slaagsyfer te verlaag nie.
Jemima Beukes
Die land se tweede grootste universiteit lui ’n nuwe regime in waarin studente wat nie die slaagsyfer haal nie, ekstra punte sal ontvang om hulle te help om 50% te bereik.
Hierdie nuwe model sal egter net geld vir studente wat tussen 45% en 49% behaal het.
Na verneem word, is die uitvoerende komitee van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) bekommerd oor die instelling se hoë druipsyfer; soveel só dat ’n volledige ondersoek intussen goedgekeur is om die wortel van dié probleem te vind.
Daar is ook sprake dat die meerderheid van die rekeningkunde-studente nie die minimum slaagsyfer gedurende die eerste semester vanjaar kon behaal nie.
Hierdie inligting word gestaaf deur amptelike Nust-dokumente wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het.
Mnr. Sifiso Nyathi, registrateur van Nust, het Maandag ’n memorandum aan die adjunk-visekanselier vir onderrig, leer en tegnologie, dr. Andrew Niikondo, geskryf en hom ingelig oor die nuwe puntestelsel wat ingestel gaan word.
Hy het gesê die stap is aangespoor deur die “ongekende druipkoers”.
“Vir die eerste semester van 2022 moet voor- en nagraadse studente wat ’n finale punt van tussen 45% en 49% behaal het, ekstra punte kry sodat hulle die vereiste slaagpunt van 50% kan behaal.”
Met die nuwe model wat slegs op ’n maksimum van twee modules per student van toepassing is, is Nyathi en Niikondo opdrag gegee om die praktiese aspekte van die toekenning van die ekstra punte te bepaal.
“Die goedkeuring vir dié punte was ’n eenmalige bepaling,” het Nyathi gesê.
Ekstra punte sal nie van toepassing wees op werkgeïntegreerde onderrig en tesisse of proefskrifte nie, het hy bygevoeg.
ONBEïNDRUK
’n Nust-amptenaar wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, het gesê die raad is nie beïndruk met die beoogde veranderinge om die slaagsyfer te verlaag nie en dat die voorstel nie aan hulle voorgelê is vir goedkeuring nie.
“Dit is ’n groot besluit wat ernstige nadelige implikasies vir die universiteit kan hê. Daar is geen manier dat die bestuur so ’n besluit op sy eie kan neem nie.
“Ons laat in werklikheid die standaarde van die instelling val. Ons moet ’n geen-verdraagsaamheidsbeleid vir druipelinge hê,” het die amptenaar gesê.
“Dit wil voorkom asof die bestuur bekommerd is dat as die hoë druipsyfer by Nust openbare kennis word, sal mense die leierskap bevraagteken,” het die bron bygevoeg.
Niikondo wou nie kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie, terwyl visekanselier dr. Erold Naomab nie op oproepe en boodskappe gereageer het nie.
ONBEWUS
Me. Florette Nakusera, voorsitter van die Nust-raad, het gesê hulle dra geen kennis van die stap nie en het nie ’n voorstel in dié verband ontvang nie.
“Ingevolge goeie bestuursbeginsels is die raad nie by operasionele aangeleenthede betrokke nie. Hierdie is ’n akademiese kwessie, wat volgens die Nust-statute ’n funksie van die senaat is, dus moet u die universiteitsbestuur deur die amptelike kanale kontak.
“Daar was geen voorlegging aan die raad, [of ’n] bespreking of resolusie in daardie verband nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Stephanus Gerber
Die kwalifiksies het reeds amper geen waarde meer nie! Wat bly oor? Vermorsing van tyd en geld, dis al.