Nust-visekanselier in warm water
Naomab staar ondersoek in die gesig
Die ACC se direkteur-generaal het die universiteit tot einde vandeesweek gegee om te antwoord, anders sal die kommissie ingryp.
Jemima Beukes en Mathias Haufiku – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) wil hê die visekanselier van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Erold Naomab, moet ondersoek word vir korrupsie, wanadministrasie en wanbestuur.
Dit volgens ’n brief waarin die ACC die Nust-direksie versoek om stappe te doen oor die aangeleentheid. Naomab staar aantygings van misbruik van openbare fondse, nepotisme, stamvooroordeel en magsmisbruik in die gesig.
“Dit is ernstige bewerings van administratiewe korrupsie teen die bestuur van die openbare akademiese instelling wat nie ligtelik opgeneem moet word nie,” het Paulus Noa, direkteur-generaal van die ACC, in die brief gedateer 22 Junie geskryf.
Die ACC wil hê ’n forensiese ondersoek moet van stapel gestuur word om vas te stel of daar enige waarheid steek in die talle aantygings teen Naomab.
Noa het bygevoeg: “Alhoewel hierdie bewerings dalk reeds onder u aandag gebring is, bring ons dieselfde onder die aandag van die direksie om dit dringend te oorweeg om ’n bevoegde forensiese liggaam te kontrakteer om ’n ondersoek te doen.”
Noa het die direksie tot Vrydag tyd gegee om te reageer.
VERSKUIF VERANTWOORDELIKHEID
Op die vraag oor waarom die ACC nie self die saak ondersoek nie – en eerder die verantwoordelikheid aan Nust wil oorgee – het Noa gesê die kommissie sal betrokke raak as die direksie weier om die bewerings te ondersoek.
Hy het gesê die meeste van die bewerings grens aan bestuursbesluite en daarom moet die direksie, as die beheerliggaam, dit hanteer.
Intussen het Florette Nakusera, Nust se direksievoorsitter, geen benul van die aangeleentheid gehad toe sy vandeesweek om kommentaar genader is nie.
“Ek het nie sulke korrespondensie ontvang nie,” het sy gesê.
STAMP KOPPE
Nust stamp koppe met die betrokke vakbond, die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), oor die aantygings teen Naomab.
Napwu wou in ’n stadium hê die Nust-bestuur moes die bewerings onder eed ontken. Die vakbond was ook gekant teen ’n interne besluit wat geneem is om die bestuur te bemagtig om homself intern te ondersoek.
Aan die ander kant het die Nust-direksie die vakbond daarvan beskuldig dat hulle vertroulike inligting en beraadslagings tussen die twee, aan die media uitgelek het.
“ONVERANTWOORDELIKE BESTEDING”
Ongelukkige werknemers het voorheen klagtebriewe aan die direksie geskryf waarin hulle hul ontevredenheid oor die instelling se sake uitspreek.
“Ons rapporteer hiermee die onverantwoordelike bestedingsgewoontes van die visekanselier, dr. Erold Naomab. Die visekanselier gebruik sy kredietkaart op sy internasionale reise en ontvang S&T,” het hulle beweer.
Hulle het verder gesê: “Die werknemers van Nust, wat laas in 2019 ’n salarisverhoging ontvang het, kyk elke dag hoe die visekanselier die Nust-voertuig gebruik om oral te gaan terwyl hy ’n groot maandelikse motortoelaag ontvang.”
NEPOTISME
Werknemers het ook beweer dat nepotisme by die instelling algemeen is, met Naomab se naaste kennisse – insluitend sy vrou – wat glo by Nust werk.
“Ons sien Sylvia Schubert is na ’n ander bestuurspos oorgeplaas waarvoor sy geen kwalifikasie of ondervinding het nie en sy kry ’n salarisverhoging. Wanneer ander personeellede vir dieselfde behandeling vra, word hulle meegedeel dat die pos geadverteer moet word.
“Dit lyk of net een stam onder dr. Naomab se leierskap bevoordeel word.”
Werkers het ook beweer dat Naomab ontoeganklik is.
“Ons word meegedeel dat ons, die laevlak personeellede van die universiteit, hom slegs deur die adjunk-visekanseliers mag toespreek. Ons mag nie direkte e-posse aan ons visekanselier stuur nie. Trouens, talle personeellede het nog nooit ons visekanselier gesien of met hom gepraat nie, meer as twee jaar nadat hy by Nust aangesluit het.”
Naomab en die direksie het die bewerings herhaaldelik ontken.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie